On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Nasionale rampklassifikasie verwelkom

───   ELSABÉ RICHARD 13:47 Mon, 24 Jan 2022

Landbounuus-podcast: Nasionale rampklassifikasie verwelkom | News Article

Die feit dat die Nasionale Rampbestuursentrum beheer oor die nasionale vloedramp oorgeneem het, is bemoedigend.

Dit is volgens Vrystaat Landbou nadat die rampbestuursentrum verlede week 'n nasionale vloedramp-klassifikasie uitgereik het. Dr. Jack Armour, kommersiële bestuurder van die organisasie, sê alhoewel dit nie ’n verklaring is nie, erken die klassifikasie wel die ramp. Hy sê deursigtigheid in die toekenning van fondse is krities, gegewe die geskiedenis van korrupsie in vorige ramptoedelings. Intussen voeg Andrea Campher, Agri SA se Ramp- en Risikobestuurder, by dat daar nou van munisipale- en provinsiale departemente verwag word om hulle begrotings te herprioritiseer sodat daar voorsiening gemaak kan word om die skade wat weens die vloede veroorsaak is, aan te spreek.

Toestande is gunstig vir ’n uitbreking van slenkdalkoors en boere word gemaan om waaksaam vir hierdie en ander veesiektes te wees, wat weens baie reën ’n gevaar vir boere inhou. Landbou.com berig Dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika, sê panne, damme en vleie is oral tot boordens toe vol. Dit skep gunstige toestande vir die uitbroei van muggies en muskiete, wat virussiektes soos onder meer slenkdalkoors, bloutong, Wesselsbron-siekte en Afrika-perdesiekte veroorsaak. Veeartse het reeds uitbrekings van sommige van hierdie siektes by hom aangemeld.

Ná byna 'n dekade van droogte in die Boesmanland-streek in die Noord-Kaap, het goeie reën die afgelope tyd in hierdie omgewing voorgekom. Verskeie gebiede in die Boesmanland het goeie reën ontvang wat groot vreugde en dankbaarheid onder boere en die gemeenskap gesaai het. Ná opvolgreën die afgelope paar weke, kan baie van die boere verandering sien in hul kuddes en hulle is hoopvol dat nóg reën sal val. Van die plaaslike boere noem dat hulle gewoonlik rondtrek na waar die reën is en waar die veld groei. Die jare lange droogte het tot gevolg gehad dat boere swaar kry weens reserwes wat uitgeput is, aangesien hulle moet rondtrek op soek na veld vir oorlewing vir baie van die diere.

EN

Die Noord-Kaapse Departement van Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming gaan voort om landbou-aktiwiteite in die provinsie te bevorder en te ondersteun. Die departement het 'n besoek afgelê aan die Pella-besproeiingsprojek op die oewer van die Oranjerivier in die Khai-Ma Plaaslike Munisipaliteit, wat na verwagting R3,5 miljoen van die departement gaan ontvang vir die instandhouding van wingerde, produksie-insette en bedryfskoste. Hierdie die projek het meer as 70 voltydse werksgeleenthede verskaf aan die gemeenskap van Pella.




OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.