On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Agriculture

Reën in Boesmanland-streek saai vreugde, dankbaarheid

───   05:30 Wed, 26 Jan 2022

Reën in Boesmanland-streek saai vreugde, dankbaarheid | News Article
Foto: Mia-Leigh Cloete

Ná byna 'n dekade van droogte in die Boesmanland-streek in die Noord-Kaap, het goeie reën die afgelope tyd in hierdie omgewing voorgekom.

Hierdie reën het groot vreugde en dankbaarheid onder boere en die gemeenskap gesaai. 

Sien onderstaande PODCAST

Ná opvolgreën die afgelope paar weke, kan baie van die boere verandering sien in hul kuddes en hulle is hoopvol dat nóg reën sal val. 

Van die plaaslike boere noem dat hulle gewoonlik rondtrek na waar die reën is en waar die veld groei.

Die jare lange droogte het tot gevolg gehad dat boere swaar kry weens reserwes wat uitgeput is, aangesien hulle moet rondtrek op soek na veld vir oorlewing vir baie van hulle diere.

Die goeie reën het sy voordeel maar tog ook nadele. Die duifiedoringplant kom grotendeels voor ná baie reën en van die boere het van hul kuddes verloor. Baie van die vee staan ook in krale en kan nie saam met die trop beweeg nie as gevolg van swakheid.  Hierdie diere moet onderhou word deur voer en baie van die boere moet diep in hulle sakke krap, aangesien hulle nie hulp ontvang nie en die droogte al vir te lank aankom.

Boere is steeds hoopvol vir nog goeie reën en glo dat dit nou die tyd is van die sewe goeie jare wat voorlê.



OFM-nuus/Mia-Leigh Cloete



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.