On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Boer dood gevind in Koffiefontein

───   ELSABÉ RICHARD 14:15 Wed, 26 Jan 2022

Landbounuus-podcast: Boer dood gevind in Koffiefontein  | News Article

’n 32-jarige boer, Andries Myburgh van Koffiefontein in die Vrystaat, se liggaam is Dinsdagoggend langs die pad naby sy plaas gevind.

Maroela Media berig volgens Masilela Langa, 'n polisiewoordvoerder, het ’n verbyganger omstreeks 08:00 die polisie gebel oor ’n man se liggaam wat langs die R48 tussen Koffiefontein en Petrusburg lê. Langa sê die polisie het hulle na die toneel gehaas en op die 32-jarige man afgekom. Daar was ’n vuurwapen langs hom gevind. Myburgh is in Oktober 2020 op sy plaas deur twee aanvallers oorval en met ’n mes gesteek. Hulle het brandstof oor hom uitgegooi. Twee van sy store is ook afgebrand. Volgens Langa is dié saak, van die beweerde aanval op 12 Oktober 2020, gesluit. Die rede hiervoor was omdat daar geen bewyse gevind is wat daarop kon dui dat daar ’n aanval plaasgevind het nie.

Die goeie reën wat in die Boesmanland-streek in die Noord-Kaap voorgekom het, het sy voordeel maar tog ook nadele. Die duifiedoringplant kom grotendeels voor ná baie reën en van die boere het van hul kuddes verloor. Baie van die vee staan ook in krale en kan nie saam met die trop beweeg nie as gevolg van swakheid. Hierdie diere moet onderhou word deur voer en baie van die boere moet diep in hulle sakke krap, aangesien hulle nie hulp ontvang nie en die droogte al vir te lank aankom. 'n Boer in die streek, Armando Cloete sê hy't sowat 100 van sy diere weens die duifiedoringplant verloor.

EN

Met die 2022-parstyd op hande, verwag die Suid-Afrikaanse wyndruifprodusente 'n kleiner wyndruifoes, hoofsaaklik weens ? afname in wingerdstand, hoë siektedruk en hittegolwe in sekere streke. Vinpro sê in 'n verklaring die oes word kleiner geskat in die meeste wyndruifverbouingstreke, met die uitsondering van Stellenbosch, die Kaapse Suidkus en Klein Karoo. Conrad Schutte, bestuurder van Vinpro se span wingerdboukundiges, skryf die algehele afname in die 2022-wyndruifoes toe aan wingerduitkappings in veral die Noord-Kaap-, Olifantsrivier- en Robertson-streke, tesame met hoë donsskimmel- en witroesinfeksies in sekere streke. Die rypwordingsperiode was koeler as normaal, maar hittegolwe in Desember en Januarie het wingerde plek-plek onkant gevang en sonbrandskade aan druiwe veroorsaak.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.