On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Nagmuise - graanboere se nagmerrie

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Thu, 27 Jan 2022

Nagmuise - graanboere se nagmerrie | News Article
Foto: netwerk24.com

‘n Investasie van nagmuise in ‘n landery het die vermoë om die landery tot so ‘n mate uit te wis dat die boer tot drie keer na mekaar oor moet plant.

Dit is volgens dr. Gerhard Verdoorn van CropLife Suid-Afrika, wat benadruk het dat graanprodusente die regte maniere moet gebruik om van hierdie knaagdier ontslae te raak.

Sien onderstaande PODCAST

Nagmuise het die vermoë om nuutgeplante sade, wat pas ontkiem het, uit te sniffel en daardie saad af te knip en te bêre om te eet in wintertye. 

Boere kan ‘n nagmuis investasie identifiseer deur gate met ‘n deursnit van sowat 50mm, wat in die landerye voorkom. Nagmuise maak gewoonlik oral in die landerye gate en dit kan soms so ernstig raak dat trekkers in die gate vasgevang kan word.

Verdoorn waarsku dat wanneer produsente poog om van nagmuise ontlae te raak, moet hulle nie die omgewing vergiftig met die verkeerde en onregmatige toediening van knaagdierdoders nie.

Hy raai produsente aan om van wettige knaagdierdoders wat vir nagmuise geregistreer is, gebruik te maak. 

Daar is ook ander doders soos pasta- en wasblokkies beskikbaar wat graanprodusente van gebruik kan maak, en hulle moet dan seker maak om hierdie blokkies binne in die gate waar die nagmuise woon, aan te wend. Indien dit nie so gedoen word nie kan voëls onder meer bokkies en hierdie doders eet.

Die gebruik van knaagdierdoders wat nie vir nagmuise geregistreer is nie, is onwettig.

“As dit kom dat jy ‘n geweldige ontploffing het en hulle (nagmuise) beskadig jou landerye heeltemal, dan kan jy gebruik maak van ‘n sinkfosfied lokaas wat jy self kan opmaak, of jy kan dit so koop. Dit word ook in die gat gegooi en dit het ‘n onmiddellike doodmaak- en uitklop-effek op die nagmuise.”

Produsente kan ook gebruik maak van natuurlike knaagdierbeheer soos uile en roofvoëls. Verdoorn sê die suksesvolle gebruik van natuurlike knaagdierbeheer is duidelik in die Overberg waar boere van uile gebruik maak.

Stuur ‘n WhatsApp-boodskap na 082 446 8946 of stuur ‘n e-pos na gerhard@croplife.co.za vir 'n gratis, volledige nagmuisbestuursplan.



OFM-nuus



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.