On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Moeilike jaar vir sitruswerkers voorspel

───   ELSABÉ RICHARD 14:48 Thu, 27 Jan 2022

Landbounuus-podcast: Moeilike jaar vir sitruswerkers voorspel | News Article

Sitruskwekers en produsente van ander uitvoergewasse moet hulle staal vir nog ’n moeilike jaar as dit by Suid-Afrika se hawens kom.

Netwerk24 berig Justin Chadwick, uitvoerende bestuurder van die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging, sê in sy nuutste nuusbrief die vraghouerterminale by Suid-Afrika se hawens funksioneer steeds veel swakker as internasionale norme of aanvaarbare vlakke. Verlede jaar troon vir baie sitrusprodusente uit as hul swakste jaar tot op hede, ten opsigte van pryse en logistieke frustrasies met uitvoervrugte. Chadwick sê probleme met toerusting, vertragings as gevolg van weerstoestande, en die feit dat baie sleutelpersoneel gekies het om vrywillige skeidingspakkette te neem, het tot Transnet se agteruitgang bygedra.

'n Baie interessante inligtingsdag oor alternatiewe gebruike van turksvye, word Vrydag 28 Januarie vanaf  09h00 tot 13h00 in Hopetown in die Noord-Kaap gehou. Die hele spektrum van die totale turksvyplant tot veevoerblokke sal bespreek word. Onderwerpe wat onder die soeklig geplaas word, sluit in die onttrekking van pitte vir olie, preservering van vrugtepulp en skille as energiebron en die gebruike van blaaie wat gesnipper, gedroog en vir mieliemeelvervanging aangewend kan word. Dr Stoffel du Toit, eienaar van die plaas Smousdam waar die inligtingsdag gaan plaasvind, sê toegang is gratis. 

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewendehawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Derksen sê speenkalwers, onder 200kg, het teen R44,87 per kg verkoop, terwyl speenkalwers tussen 200kg en 250kg, teen R42,67, en speenkalwers oor 250kg, teen R41,61 per kg verkoop het.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.