On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 27 Jan 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het ‘n effense negatiewe dag ervaar.

Die groot fundamentele rolspelers wat die mark affekteer is beter weer en oesvooruitsigte in Suid-Amerika en laer as verwagte Chinese mielie-aanvraag vir die 2021/22-seisoen.

Die plaaslike mark het Woensdag ‘n negatiewe verhandelingsessie ervaar. Beide wit- en geelmieliekontrakte het meer en groter verliese as winste getoon. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie 2022 R4/ton sterker verhandel vir die dag om teen R3 619/ton te sluit. Die witmieliekontrak het vir lewering in Julie R14/ton laer verhandel om teen R3 510/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het ‘n swakker handelsessie ervaar.

Die mark het relatief meeste van die verbeterende weersomstandighede effekte in Suid-Amerika laas week geabsorbeer. 'n Oorspoel-effek het ook die sojaboonmark laer gedruk.

Die plaaslike mark het ‘n swakker dag beleef met meeste van die gelyste kontrakte wat negatief verhandel teen sluitingstyd.

Die soja Januarie ’22-kontrak het R37/ton hoër verhandel teen R8 188/ton. Die soja Maart ’22-kontrak het R65 laer teen R8 030/ton verhandel. Die Soja Mei ’22-kontrak het teen R7 888/ton, R57 laer, verhandel.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het sy sterk vertoning gebreek weens handelaars wat winste geneem het op die hakke van die sterk vertoning en weens aanhoudende hoë spanning in Oostelike Europa.

Die spanning in Oos-Europa het tot baie onsekerheid in die mark gelei met beide produseerders en handelaars wat nie weet wat is die regte kant van die mark om aan te wees nie.

Die plaaslike koringmark het ook wegbeweeg van sy opwaartse tendens af met meeste van die gelyste kontrakmaande wat verliese getoon het.

Die koring Februarie '22-kontrak het teen R5 940/ton verhandel. Die koring Mei ’22-kontrak het teen R6 027/ton verhandel.


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.