On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 01 Feb 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto: senwes.co.za

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het gisteroggend aansienlik sterker verhandel met 'n styging van 1,7%.

Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het met 'n aansienlik sterker neiging vir beide wit- en geelmielies verhandel. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R47/ton (+ 1,3%) sterker verhandel en teen R3 592/ton gesluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R42/ton (+ 1,2%) sterker verhandel en teen R3 690/ton gesluit.


Sojaboon:

Die CBOT-sojabonekontrakprys vir die naaste handelsmaand het gisteroggend aansienlik sterker verhandel met 'n 1,5%-styging.

Amerikaanse sojaboonkontrakte het in die laaste paar verhandelingsessies bestendig toegeneem met ondersteuning van optimistiese vooruitsigte van Amerikaanse uitvoerinspeksies sowel as onsekere produksietoestande in Suid-Amerika.

Die binnelandse sojaboonkontrakte het gisteroggend in die groen geopen. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R150/ton (+ 1,9%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R8 177/ton.


Koring:

Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het gisteroggend sterker verhandel met 'n styging van 3,6%. Potensiële konflik tussen die Oekraïne en Rusland gaan voort om hierdie week opslae te maak wat 'n groot faktor is in die dryf van die koringprys.

Die binnelandse koringkontrakte het geopen met 'n sterker tendens in die kontrakpryse. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R31/ton (+ 0,52%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R6 030/ton.



OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.