On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Varkvleisbedryf verkeer onder geweldige druk

───   ELSABÉ RICHARD 14:02 Wed, 02 Feb 2022

Landbounuus-podcast: Varkvleisbedryf verkeer onder geweldige druk | News Article

Die varkvleisbedryf ervaar tans geweldige druk weens hoë insetkostes en die prys wat steeds daal.

Volgens senior landbou-ekonoom, dr. Johnny van der Merwe van die Noordwes Universiteit, het die gemiddelde prys vir varkvleis verlede week gedaal met meer as 3% na R26,89, terwyl spekvark- en vleisvarkpryse na onderskeidelik R26,83 en R27,58 gedaal het. Wat graanpryse betref, sê Van der Merwe, is daar ‘n opwaartse neiging.

Daarmee saam benodig Suid-Afrika minstens 'n gemiddelde nasionale opbrengs van 4,60 ton per hektaar om 'n mielie-oes van 12,01 miljoen ton in die huidige oppervlakte-aanplanting te kan voorsien, indien die land voldoende mielievoorrade vir binnelandse verbruik wil verskaf. Wandile Sihlobo, hoof-ekonoom by die Landbousakekamer, Agbiz, sê hierdie opbrengsskatting is moontlik aangesien vloede wat skade veroorsaak het, nie 'n landwye uitdaging was nie. Hy sê dit sal 'n maand duur voordat die amptelike eerste produksieskattings van die Oesskattingskomitee vrygestel word.

EN

Die potensiaal van turksvye is feitlik eindeloos - tot olie kan uit sy pitte gepars word wat vir die behandeling van brandwonde gebruik kan word. Dr Stoffel du Toit, eienaar van die plaas Smousdam, waar ‘n turksvyoes-inligtingsdag verlede Vrydag plaasvind het, sê verder omdat Suid-Afrika ‘n land is wat van tyd tot tyd droogte ervaar, kan turksvyblare in veevoer omskep word vir beeste en skape in tye van skaarste. Du Toit deel verder dat hulle ‘n klompie boere is wat betrokke geraak het by die groei van turksvye en dat daar verkillende rigtings is wat hierdie boere besig is om die turksvye te ontwikkel.





OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.