On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 07 Feb 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het ‘n positiewe dag ervaar met mieliepryse wat tot en met 0,75% gestyg het ná ‘n rondte tegniese aankope weens laer produksie vooruitskattings wat voortduur in Suid-Amerika.

Oorspoel vanaf sojabone en sonneblomme het die mark verder ondersteun.

Die plaaslike mark het Vrydag ‘n positiewe dag op die mark ervaar met beide wit- en geelmieliekontrakte wat sterk vertoon het.

Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie 2022 R23/ton sterker verhandel vir die dag om teen R3 685/ton te sluit. Die witmieliekontrak het vir lewering in Julie R27/ton laer verhandel om teen R3 592/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het sy sterk vertoning voortgesit en het Vrydag 0,75% hoër verhandel.

Laer produksieverwagtinge het die sterk sessie ondersteun.

Die plaaslike mark het ‘n gemengde dag ervaar Vrydag met die huidige maand se kontrak wat met R93 geval het. Die ander kontakte het beter gevaar.

Die Sojaboon Januarie ’22-kontrak het R 93/ton laer verhandel teen R8 556/ton. Die Sojaboon Maart ’22-kontrak het R36 hoër teen R8 526/ton verhandel. Die sojaboon Mei ’22-kontrak het teen R8 456/ton, R56 hoër, verhandel.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het Vrydag ‘n sterk verhandelingssessie ervaar weens tegniese aankope, aangespoor deur die oorspoel-effek van verskillende kommoditeite.

Die plaaslike koringmark het ‘n sterk verhandelingsessie gehad met net een kontrak wat laer verhandel het, met die ander wat kleinerige winste aangedui het.

Die koring Februarie '22-kontrak het teen R5 900/ton verhandel. Die koring Mei ’22-kontrak het teen R5 957/ton verhandel.


OFM-nuus





@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.