On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 11 Feb 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto: goodhousekeeping.com

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het nog ‘n positiewe verhandelingsessie ervaar met die mielieprys wat met 2,5% gestyg het ná ‘n rondte tegniese aankope.

Droë weerstoestande in Brasilië is die rede vir hierdie verhoging met Argentinië wat verder produksie kan stuit.

Plaaslik: Die plaaslike mark het Woensdag goed presteer met beide wit- en geelmielies wat sterk gesluit het. Witmielies het gemiddeld met R48 gestyg en geel mielies met R51.

Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie 2022 R8/ton sterker verhandel vir die dag om teen R3 751/ton te sluit. Die witmieliekontrak het vir lewering in Julie R2/ton hoër verhandel om teen R3 638/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het sy sterk vertoning voortgesit en het gisteraand 2% versterk.

Die Brasiliaanse sojaboonoes is 16% voltooi, 4% vinniger as die vorige seisoen.

Plaaslik: Die plaaslike mark het ‘n baie sterk dag ervaar met al die gelyste kontrakte wat met R100 en meer toeneem. Hierdie toename is weens ‘n sterk Amerikaanse mark met ‘n verswakte Rand-Dollar wisselkoers.

Die sojaboon Februarie ’22-kontrak het R38/ton laer verhandel teen R8 800/ton. Die sojaboon Maart ’22-kontrak het R35 laer teen R8 715/ton verhandel. Die sojaboon Mei ’22-kontrak het teen R8 660/ton, R32 laer, verhandel.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het Woensdag ‘n positiewe dag ervaar met ‘n prysstyging van 1% ná ‘n rondte tegniese aankope met 'n oorspoeleffek vanaf mielies en sojabone wat die mark ondersteun het.

Plaaslik: Die plaaslike koringmark het ook ‘n goeie verhandelingsessie ervaar met al die gelyste kontrakte wat teen ‘n wins gesluit het.

Die koring Februarie '22-kontrak het teen R5 950/ton verhandel. Die koring Mei ’22-kontrak het teen R6 040/ton verhandel.


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.