On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Boere dring aan op beter dienslewering

───   ELSABÉ RICHARD 13:49 Tue, 15 Feb 2022

Landbounuus-podcast: Boere dring aan op beter dienslewering | News Article

Vrystaatse boere se stryd duur voort namate dienslewering in kleiner dorpe verder verswak.

Volgens 'n lid van die Tokologo munisipale raad, Johan Steenkamp, het Dealesville-gemeenskapslede en -boere Dinsdag na dié munisipaliteit opgeruk om 'n memorandum vir beter dienslewering te oorhandig. Hy noem dat boere grootliks bydra tot die volhoubaarheid van die Dealesville-ekonomie, maar sonder die munisipaliteit se hulp kan boere nie hul bydraes handhaaf nie. Hy voeg by hy hoop voorkeur sal aan dienslewering gegee word.

Die aankoop van ongetoetste en ongeregistreerde insetmiddele kan rampspoedig vir ‘n graanprodusent wees. Corné Louw, Hoof van Tegniese Ekonomie en Lededienste by Graan SA, raai boere aan om eers navorsing en navrae te doen vóór hulle enige insetmiddel aankoop. Louw waarsku dat goedkoop-koop in baie gevalle duur-koop kan wees omdat hierdie produkte gewoonlik nie getoets is of deur die nodige registrasieprosesse gegaan het nie.

EN

Droogtehulp is steeds 'n noodsaaklikheid vir boere in sommige dele van die land, en goeie Samaritane gaan steeds volstoom voort om hierdie gemeenskappe deur middel van droogtehulp-inisiatiewe te ondersteun. Selfs ná voortdurende reënval wat die afgelope maande in die land voorgekom het, duur uitdagings weens jare lange droogte in sekere gebiede steeds voort. Nioma Venter, Predikant in Sinodale diens: Diaconia, sê aan OFM-nuus ‘n ses-dag staptog, genaamd Stargazing Camino, word vanaf 5 tot 13 Maart deur 20 stappers aangepak in ‘n poging om droogtehulpfondse vir gemeenskappe wat dit broodnodig het in te samel, sowel as om die publiek bewus te maak van die uitdagings wat hierdie gemeenskappe weens die droogte in die gesig staar.





OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.