On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Werkers opgewonde dat grond uiteindelik aan hulle behoort

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 22 Feb 2022

Werkers opgewonde dat grond uiteindelik aan hulle behoort | News Article
Foto verskaf deur Eddie Prinsloo

Uiteindelik, ná jare lank se gewag, is grond amptelik aan agt plaaswerkers van Eddie Prinsloo - ‘n boer uit die Smithfield-omgewing in die Vrystaat, by wyse van die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg, oftewel die Esta-model, oorhandig.

Prinsloo is in 2015 deur die staat genader om saam met sy werkers ‘n boerdery deur die 50/50-model te begin. Maar hierdie proses is gestop, en die Esta-model is toe in die Vrystaat van stapel gestuur. 

Met die 50/50-model is boere genader om 50% in samewerking met hulle werkers ‘n boerdery te begin.

Deur die gebruik van die Esta-model, wat ‘n eerste in die Vrystaat is, het Prinsloo 1 500 hektaar grond, in die Reddersburg-streek, aan die staat verkoop op twee voorwaardes. Hierdie voorwaardes het voorgestel dat die plaas aan sy werkers moet behoort, en dat hulle die titelakte aan die werkers oorhandig.  

Die grond is toe uiteindelik op 24 Januarie vanjaar oorgedra na die werkers toe. Die staat het ook vee oorhandig.

“Maar ons is baie onder stok. Ons verwag nou dat ons meer gehelp kan word vandat die werkers die eienaars is. Ons hoop die banke en die private sektor gaan toetree om ons te befonds, want die banke kyk nie na jou as jy nie eienaarskap het nie.

“Dis vir my belangrik dat enige projek van so ‘n aard moet eienaarskap kry en hulle moet werkskapitaal kry. Die werkers moet deur die boere geïdentifiseer word en grond wat in die mark kom, moet die boere self vir die werkers laat koop, want ons werkers is goeie boere wat al jare op die plase is, wat boerdery ken.  

“Dis al [manier] hoe grondhervorming kan slaag,” vertel Prinsloo.

Hy sê, alhoewel almal opgewonde is en uitsien na wat voorlê, was hierdie proses lank, maar hulle het nie moed opgegee nie.

Saam besit die werkers 51% van die grond, terwyl Prinsloo 49% besit.

Luister na die volledige onderhoud hier:



OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.