On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: VS Regering versoek om paaie te herstel

───   ELSABÉ RICHARD 13:49 Tue, 22 Feb 2022

Landbounuus-podcast: VS Regering versoek om paaie te herstel | News Article

Herhaalde versoeke is aan die Vrystaatse Regering gerig om aandag te gee aan die herstel van paaie, wat weens voortdurende reënval verder verswak het.

Hierdie versoeke is deur Vrystaat Landbou gemaak, wat byvoeg dat die toestand van paaie 'n groeiende krisis geraak het. Dr. Jack Armour, Kommersiële Bestuurder van die organisasie, sê die Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, het vandeesweek aangekondig dat fondse vir padinstandhouding opgedroog het. Hy sê hierdie begrotingsbeperkings is tydens 'n vergadering van die Vrystaatse LUR van Polisie, paaie en vervoer bevestig.


Al Mawashi Suid-Afrika, wat grootliks verantwoordelik is vir die uitvoer van lewendige skape vanaf Suid-Afrika na lande in die Midde Ooste, soos Kuweit, het 'n persverklaring uitgereik waarin hulle aangedui het dat daar nie gedurende die begin van vanjaar enige uitvoer van lewendige skape gaan plaasvind nie. Dr. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, verduidelik dat die moedermaatskappy van Al Mawashi besluit het dat Australië in hierdie stadium die voorkeurverskaffer van lewende skape is. Maré sê die verklaring het verder aangedui dat die maatskappy terleurgesteld is in sekere prosesse van die regering en sê hulle moet hul 'huis in orde te kry' om die proses van lewendige uitvoer te vergemaklik.

Maré voeg verder by dat die uitvoerprys van lammers nie baie duurder moet wees as die Suid-Afrikaanse prys vir byvoorbeeld stoorlammers nie.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.