Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Wed, 23 Feb 2022
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse markte was Dinsdag gesluit weens ‘n nasionale vakansiedag.
Die plaaslike Safex-mieliekontrakte het Dinsdagoggend met 'n algemene opwaartse neiging vir beide wit- en geelmielies verhandel. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R82/ton (+ 2,24%) hoër verhandel en teen R3 738/ton gesluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R87/ton (+ 2,30%) verhandel en teen R3 865/ton gesluit.
Sojaboon:
Die Amerikaanse markte was Dinsdag gesluit weens ‘n nasionale vakansiedag.
Die binnelandse sojaboonkontrakte het Dinsdagoggend aansienlik sterker in die groen verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R169/ton (+ 1,91%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R9 012/ton.
Koring:
Die Amerikaanse markte was Dinsdag gesluit weens ‘n nasionale vakansiedag.
Die binnelandse koringkontrakte het Dinsdagoggend in die gemeng verhandel vir meeste van die naaste kontrakmaande. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R73/ton (+ 1,22%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R6 070/ton.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus GraanSA se webblad.
OFM-nuus
