Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Fri, 25 Feb 2022
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mark sit sy goeie vertoning voort met nog ‘n 1%-styging in pryse ná ‘n rondte tegniese aankope.
Die twee hooffaktore agter die beweging van die mark is vrese oor die toenemende spanning tussen Rusland en Oekraïne, en die tweede een is onsekerheid oor die Suid-Amerikaanse mielie-oes.
Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het ‘n ongelooflike verhandelingsessie ervaar. Die Amerikaanse mark se twee opeenvolgende sterk verhandelingsessies, tesame met ‘n effense verswakkende wisselkoers, het die plaaslike mieliemark baie gebaat.
Die witmieliekontrak het vir Maart R251/ton sterker verhandel vir die dag om teen R3 925/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Julie het R130/ton sterker verhandel teen R3 811/ton.
Die geelmieliekontrak vir Maart 2022 het R277/ton sterker verhandel teen R4 090/ton. Die witmieliekontrak het vir lewering in Julie R130/ton sterker verhandel om teen R3 947/ton te sluit. Die Maart '22 kontrak wat teen R4 090 verhandel, is een van die hoogste pryse ooit aangeteken vir geelmielies op die Suid-Afrikaanse mark.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het nog ‘n sterk dag op die Amerikaanse mark gehad met ‘n 2%-styging in prys.
Dit merk die tweede dag wat prysstygings die 2%-merk behaal. Hierdie prysstyging is weens ‘n rondte tegniese aankope en is steeds aangespoor deur die onsekerheid oor die Suid-Amerikaanse soja-oes.
Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het ook ‘n fantastiese verhandelingsessie ervaar met die spot maand wat met R659 toegeneem het, dit is ‘n toename van 6,8%. Die plaaslike sojaboonmark het ook Donderdag goed gereageer op die sterk Amerikaanse mark van die afgelope twee dae.
Die sojaboon Maart ’22-kontrak het R659/ton hoër verhandel teen R9 700/ton. Die sojaboon Mei ’22-kontrak het R220/ton hoër verhandel teen R9 274/ton. Die sojaboon Julie ’22-kontrak het teen R9 362/ton, R220/ton hoër, verhandel.
Koring:
Die Amerikaanse mark het weer eens ‘n uitstekende verhandelingsessie ervaar met pryse wat met 3,5% verhoog het op die hakke van die vorige dag se 5%-styging.
Die prysverhoging kan toegeskryf word aan tegniese aankope, aangespoor deur die Rusland-Oekraïne konflik wat drasties toegeneem het oornag. Die konflik is tans die grootste markdrywer.
Plaaslik: Die plaaslike koringmark het ook in sojabone en mielies se voetspore gevolg met 'n uitstekende verhandelingsessie. Die spot maand het weer die R6 000 merk oorgesteek deur R366 (5,7%) te styg in die sessie.
Die koring Maart '22-kontrak het teen R6 415/ton verhandel, R366/ton hoër. Die koring Mei ’22-kontrak het teen R6 304/ton verhandel, R190/ton hoër.
OFM-nuus
