On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 28 Feb 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto: www.resource-online.n

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mark sit sy goeie vertoning voort met ‘n derde dag van winste. Die sessie was Vrydag baie volatiel met pryse wat die limiete getoets het, maar het aan die einde van die sessie afgekoel en steeds 'n 1%-styging getoon.

Hierdie beweging toon hoe sensitief die mark tans is weens die Rusland-Oekraïne konflik. Die USDA verwag mielie-aanplantings in Amerika om af te neem. Vraag vir mielies het verhoog weens verhoogde etanolproduksie.

Plaaslik: Die plaaslike mieliemark pryse het afgekoel vanaf Donderdag se verhandelingsessie, maar is steeds op sterk vlakke.

Die witmieliekontrak het vir Maart R153/ton swakker verhandel vir die dag om teen R3 767/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Julie het R67/ton swakker verhandel teen R3 744/ton.

Die geelmieliekontrak vir Maart 2022 het R155/ton swakker verhandel teen R3 925/ton. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie R62/ton sterker verhandel om teen R3 885/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark se sterk vertoning is effens gestuit met sojabone wat ‘n 1% verlies ervaar het. Die verlies is weens ‘n rondte tegniese verkope en winsneming aangespoor deur groot prysverhogings tydens die sessie.

Sojameelpryse het met 1% gedaal terwyl soja-olie rekordvlakke behaal het weens ‘n internasionale tekort aan groente-olies.

Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het ook effens swakker presteer as die vorige sessie, maar is steeds op hoër vlakke.

Die sojaboon Maart ’22-kontrak het R 470/ton laer verhandel teen R9 200/ton. Die sojaboon Mei ’22-kontrak het R64/ton laer verhandel teen R9 210/ton. Die soja Julie ’22-kontrak het teen R9 300/ton, R62/ton laer, verhandel.


Koring:

Die Amerikaanse mark het sy sterk vertoning voortgesit vir die derde dag in ‘n ry weens vrese dat die Rusland-Oekraïne konflik beide van die lande se uitvoer-vermoëns kan beïnvloed.

Rusland en Oekraïne voer omtrent 30% van die wêreld se koring uit. Vrese het gerealiseer met Oekraïne wat vyf van sy hawens gesluit het en die beweging van kommersiële skepe beperk het.

Plaaslik: Die plaaslike koringmark het anders gereageer as die mielie- en sojaboonmark weens die Rusland-Oekraïne konflik wat die mark beïnvloed. Slegs die spot maand het laer verhandel terwyl die ander kontrakte marginaal hoër verhandel het.

Die koring Maart '22-kontrak het teen R6 285/ton verhandel, R125/ton laer. Die koring Mei ’22-kontrak het teen R6 340/ton verhandel, R36/ton hoër.


OFM-nuus




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.