On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Ontleder gee insig oor impak van brandstofpryse

───   05:30 Wed, 02 Mar 2022

Ontleder gee insig oor impak van brandstofpryse | News Article
Foto: FNB

Chantal Marx, hoof van beleggingsnavorsing by FNB Welvaart en Beleggings, praat oor die Departement van Minerale Bronne en Energie se jongste brandstofprysaanpassings vir Maart 2022.

Sien onderstaande PODCAST

Marx sê die elektrisiteitsprysverhoging vir vanjaar is op 9,6% aangekondig, teenoor Eskom se aansoek van 20,5%, en ons verwagting van 'n dubbelsyfer-verhoging.

“Verlede jaar was elektrisiteit-inflasie byna 18% vir direkte verbruikers. So hierdie jaar se verhoging is laer en kan gesien word as nog ‘n verligting vir verbruikers en besighede. By die nasionale begroting verlede week het die Minister verder genoem dat daar geen verhoging in die padongeluksfonds-heffing gaan wees nie,” dui Marx aan.

Elektrisiteit- en vervoer-inflasie is egter steeds hoër as die algehele inflasiesyfer.

“Ons verwag dat lone vanjaar aangepas sal word met onderliggende inflasie van so 4,5%. Dit beteken dus dat elektrisiteitspryse die besteding aan ander goedere en dienste kan beperk. Dit is ook die geval met brandstofpryse ná skerp stygings teen die einde van 2021 en verdere verhogings die maand as gevolg van hoër oliepryse,” sê Marx.

Sy sluit af deur te sê: “Laer-inkomste huishoudings is geneig om die meeste van hul inkomste aan noodsaaklikhede te bestee, soos kos en openbare vervoer. Hulle inflasie is tans bo 6%, nader aan 7%, so besteding aan ander goedere in die huishoudings sal nog meer beperk word. Dit kan dalk die ekonomiese herstel wat ons tans beleef, belemmer, veral as rentekoerse vinniger styg as wat ons tans verwag om juis die inflasie wat ons pla te beperk.”



OFM-nuus/Lee Simmons


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.