On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Fri, 04 Mar 2022

Hier is van jou hoof landboustories op OFM | News Article
FOTO: SABRINA DEAN

Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf. OFM-nuus se Elsabé Richard lig vandeesweek se hoofstories op OFM uit...

Sien onderstaande PODCAST

Agri Noord-Kaap het lugsteun van die nasionale Departement van Landbou versoek om te help met die bestryding van sprinkane in dele van dié provinsie. Volgens Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, sukkel die departement van landbou om die nodige maatreëls in plek te stel sodat sprinkaanbestrydingspanne genoeg pompe het om sprinkane in verskeie distrikte te kan bestry. Hy sê die organisasie het self 'n spuitvliegtuig bekom wat gebruik word om swerms te bespuit. Jansen sê Agri Noord-Kaap het tans 'n behoefte aan finansiering om die helikopter vir die volgende week in die lug te hou om sprinkaanspanne by te kan staan. Jansen versoek intussen motoriste om versigtig te bestuur wanneer hulle hierdie swerms sprinkane op die teerpad sien. Voertuie se padhouvermoë word benadeel, dus moet motoriste stadiger ry.

Even though the expected fuel price increase this month will increase farmers' input costs, it, fortunately, comes at a quiet period in the primary agricultural sector, specifically the summer crop-producing areas where the crops are at reasonably early stages of growth. However, Wandile Sihlobo, chief economist at the Agricultural Business Chamber of South Africa, says the same cannot be said for agribusinesses as those in logistics will experience cost increases.

Te midde van die toenemende agteruitgang van die Vrystaatse pad-infrastruktuur, is die toekenning van ’n R45,2 miljoen instandhoudingstoelae vir paaie van die nasionale tesourie gestaak. Vrystaat Landbou sê in 'n verklaring dié besluit is om onbekende redes deur die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, op 25 Februarie geneem. Die organisasie verduidelik dat volgens Tesourie kennisgewing No. 1794, is hierdie fondse geherallokeer aan ander provinsies ingevolge die Wet op Verdeling van Inkomste. Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, sê hulle sal die minister formeel versoek om redes vir hierdie besluit te verduidelik.

EN

The Minister of Agriculture, Land Reform and Rural Development, Thoko Didiza, conducted oversight visits to the North West this week. According to the departmental spokesperson, Reggie Ngcobo, the purpose of Didiza’s visits were to engage with communal property associations, traditional leaders, and struggling agricultural projects. Ngcobo says the minister has planned to tackle the oversight visit region by region to address any concerns that landowners there might have.



OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.