On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Meer as 8 000 bale by 23ste wolveiling aangebied

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 04 Mar 2022

Meer as 8 000 bale by 23ste wolveiling aangebied | News Article

Vandeesweek se wolveiling het 8 078 bale gesien, waarvan 96,7% verkoop is.

Sien onderstaande PODCAST

Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 3,5% vir nie-RWS en 1,9% vir RWS wol gestyg, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R172/kg en R200,86/kg, onderskeidelik gesluit.

Hy sê die grootste verandering die week was in die 22,0 mikron segment, met 'n algemene styging van 6,8%.

“Op die OVK-veiling is 2 248 bale aangebied, waarvan 97,5% verkoop is.

“Die hoogste prys op die OVK-veiling, van R222,70/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot CMY van 16,3 mikron, uit die skeersel van H Cloete vanuit die Carnarvon-distrik.

“Die koper was Standard Wool SA,” deel Victor.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.

Die volgende wolveiling is vir 9 Maart 2022 geskeduleer.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.