On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbouweekblad se herlewingslandbou-konferensies skop in Reitz af

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 07 Mar 2022

Landbouweekblad se herlewingslandbou-konferensies skop in Reitz af | News Article

Landbouweekblad se herlewingslandboukonferensies skop vandag by die Reitz-skouterrein in die Vrystaat af, met die doel om boere te help kyk na hoe hulle die natuur se natuurlike stelsels kan inspan om insetkoste beter te kan bestuur.

Sien onderstaande PODCAST

Die Reitz-konferensie vind vandag en môre plaas. 

Die Ottosdal-konferensie vind ook vandeesweek op 10 Maart by die Ottosdal-skouterrein plaas, terwyl die Stellenbosch-konferensie op 15 Maart plaasvind.

Chris Burgess, die hoofredakteur van Landbouweekblad, sê hulle spog vanjaar met internasionale sowel as plaaslike kundiges. 

“Ons spog met twee internasionale sprekers, dr. Ademir Calegari, ’n internasionaal-erkende Brasiliaanse dekgewasspesialis, en Pablo Etcheberry, ’n Argentynse beesboer wat ultrahoë drukbeweiding suksesvol beoefen en gereedskap ontwerp om die bestuur daarvan te vergemaklik.

“Plaaslike kundiges, die entomoloog professor Johnnie van den Berg, en die ekonoom Mary Maluleke gaan ook die konferensiegangers op Reitz en Ottosdal toespreek.

“Boere soos DF Fyfer van Vryburg in Noordwes, Adrian Bignell van Mazabuka, Zambië, en Danie Slabbert van Reitz gaan tydens die Reitz-konferensie ook hul perspektief deel,” sê Burgess.

OFM-nuus het vroeër berig dat Burgess gedeel het dat met die dastiese styging in insetkoste, soos onder meer brandstof en kunsmis, bied hierdie konferensies ook die geleentheid vir produsente en ander kundiges om idees uit te ruil oor hoe die natuur ingespan kan word om hulle koöperasie-rekening ’n bietjie te besnoei. "

Ons moet eenvoudig maniere vind om goedkoper en meer volhoubaar te boer.”

Kaartjies vir die verskeie konferensies, insluitend kaartjies vir aanlyn-bywoning, is op Quicket by https://qkt.io/Reitz en https://qkt.io/Ottosdal beskikbaar.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.