On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 07 Mar 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto: Graan SA (Facebook)

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het effens sterker verhandel met 'n styging van 1,1%.

Russiese vooruitgang in die Oekraïne verlaag die vooruitsigte dat die Oekraïnse mielieprodusente vanjaar 'n volhoubare oes sal kan verbou en bemark, wat uitvoerkapasiteit van die wêreld se vierde grootste mieliemark beperk. Met die bekommernis van wêreldmielievoorraad wat bedreig word, het Amerika begin met gesprekke om mandate in plek te stel vir die produksie van biobrandstof wat beide sojaboon en mielies nodig het.

Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Vrydag met marginale gemengde tendense vir beide wit- en geelmielies verhandel. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R12/ton (- 0,05%) laer verhandel en teen R3 902/ton gesluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R10/ton (+ 0,046%) hoër verhandel en teen R4 078/ton gesluit.

Vir die week van 19 tot 25 Februarie is 'n totaal van 37 724 ton mielies gelewer, wat die kumulatiewe totaal vir die huidige bemarkingseisoen op 14 768 589 ton te staan bring.


Sojaboon:

Die CBOT-sojabonekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Vrydagoggend swakker verhandel met 'n prysdaling van 0,4%.

Die binnelandse sojaboonkontrakte het Vrydagoggend afwaarts verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R173/ton (- 1,91%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R9 270/ton.

Vir die week van 19 tot 25 Februarie is altesaam 1 575 ton sojabone aan silo's regoor Suid-Afrika gelewer. Die kumulatiewe totaal vir die huidige bemarkingseisoen staan op 1 864 869 ton.


Koring:

Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Vrydag weer teen perke verhandel en aansienlik versterk met 21,8%. 

Die huidige markdrywer is die konflik tussen Rusland en die Oekraïne wat wêreldwye koringvoorrade bedreig. Buitelandse lande wat uitvoer mandate met Rusland en die Oekraïne gehad het vir die lewering van koring, het na Frankyk begin kyk as die volgende hoë kwaliteit koringverkoper omdat die Swartsee lande se uitvoer amper totaal ontoegangklik is.

Die binnelandse koringkontrakte het Vrydagoggend weer eens in die groen verhandel vir meeste van die naaste kontrakmaande. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R220/ton (+ 2,89%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R7 130/ton.

Vir die week van 19 tot 25 Februarie is altesaam 7 669 ton koring aan silo's regoor Suid-Afrika gelewer. Die kumulatiewe totaal vir die huidige bemarkingseisoen staan op 2 133 885 ton. 

Plaaslike koringkontrakte het aan die einde van die week verhandel teen daaglikse limiete, en beweeg dus van Vrydag af na verlengde limiete, wat R220/ton is.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste. 


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.