On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Nampo ALFA skop in September af

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Thu, 10 Mar 2022

Nampo ALFA skop in September af  | News Article

Dis amptelik, vanjaar se Nampo ALFA skop einde September op Nampopark af. Albert Laubscher, organiseerder van ALFA 2022, sê opgewondenheid heers met voorbereidings wat goed op dreef is.

Sien onderstaande PODCAST

Vanaf 29 September tot 1 Oktober kan besoekers na verskeie lewendehawe aanbiedings op Nampopark uitsien. Laubscher sê die amptelike program behoort teen vroeg April beskikbaar te wees.

“Wat ons hierdie jaar by Nampo ALFA gaan doen, en dit is moontlik gemaak deur die aanlyn weergawe, is dat ons met minder diere eintlik meer kan doen. Met die uitdunrondtes vind baie van die projekte aanlyn plaas, wat beteken dat die hoeveelheid diere wat ALFA toe kom, minder gaan wees maar die kwaliteit beter. Dit verlaag die risiko vir die telers en ek dink die uiteindelike ervaring van die bywoners is baie beter as wat dit sou gewees het,” deel Laubscher.

Die verskeie projekte by die geleentheid sluit in vleisbeesprojekte soos die Money Maker en prestasie-kampioenskappe. Besoekers kan ook uitsien na die Zoetis interras-vleisbeeskampioenskap.

OFM-nuus het voorheen berig dat volgens Farmer’s Weekly is die voorbereidings vir Nampo-oesdag ook aan die gang.

Graan SA gaan voort met reëlings vir die 2022 Nampo-Oesdag terwyl dit wag op die uitslag van president Cyril Ramaphosa se onderneming om die ramptoestand op te hef. Volgens Toit Wessels, van Graan SA, hoop hulle intussen dat President Cyril Ramaphosa die nasionale noodtoestand ophef aangesien Nampo-uitstallers dit duidelik gemaak het dat dit nie die moeite werd is om aan so 'n geleentheid deel te neem as minder as 10 000 besoekers die geleentheid bywoon nie.

Nampo-oesdag vind vanaf 16 tot 20 Mei op Nampopark in Bothaville plaas.

Inligting oor inskrywings vir die verskeie kompetisies kan op Nampo ALFA of AgriConnect se webtuistes verkry word.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.