Agriculture
Byna 100% van vandeesweek se bale op wolveiling verkoop─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 11 Mar 2022

Meer as 13 300 bale is tydens vandeesweek se wolveiling aangebied, waarvan 96,5% verkoop is.
Sien onderstaande PODCAST
Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 1,4% vir nie-RWS en 0,7% vir RWS wol gedaal, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R169,65/kg en R199,36/kg, onderskeidelik gesluit.
Hy sê die grootste verandering die week was in die 20,0 mikron segment, met 'n algemene daling van 3,8%.
“Op die OVK-veiling is 2 989 bale aangebied, waarvan 93,2% verkoop is.” In totaal is daar 13 372 bale aangebied, waarvan 96,5% verkoop is.
“Die hoogste prys op die OVK-veiling, van R250,80/kg, is behaal vir ‘n 3 baal lot AH van 16,8 mikron, uit die skeersel van Muddy Man Farming vanuit die Barkly-Oos-distrik.
“Die koper was Lempriere SA,” deel Victor.
Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.
Die volgende wolveiling is vir 16 Maart 2022 geskeduleer, waar sowat 7 041 bale aangebied sal word.
OFM-nuus