On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 16 Mar 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Dinsdagoggend afwaarts verhandel. FOTO: Photoxpress

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste verhandelingsmaand het Dinsdagoggend met 4,7% gedaal.

Ná die stygings in Brent-ruoliepryse kan verwag word dat die produksie van biobrandstof sal toeneem, en dus eindvoorraad sal verbruik.

Mielie-uitvoerinspeksies vir die week, geëindig 10 Maart, was 27% w-o-w en 49% jaar-tot-jaar laer. Die kumulatiewe totaal vir die huidige bemarkingsjaar is 25 925 281 ton.

Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Dinsdagoggend afwaarts verhandel. Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R7/ton (- 0,17%) gedaal om teen R4 075/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R6/ton (- 0,14%) laer verhandel en teen R4 275/ton gesluit. Die grootste kontrakveranderinge in die mark is Maandag gesien vir geelmielies, dit kan wees as gevolg van wêreldwye voedselsekuriteit wat deur die konflik tussen Rusland en die Oekraïne bedreig word.


Sojaboon:

Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Dinsdagoggend weer met 0,2% gedaal.

Die Noord-Amerikaanse verslag oor graan- en oliesadepers wat Maandag uitgereik is, het aan die lig gebring dat daar vir 2021 68 miljoen ton sojabone gemaal is (- 3% vanaf 2020), waarvan 12 686 661 ton ru-olie en 48 642 969 ton olie en koekolie verkry is.

Amerikaanse sojaboon-uitvoerinspeksies het hierdie week effens hoër met 0,5% gestyg, wat die kumulatiewe totaal van die seisoen op 42 150 838 ton te staan bring.

Daar is sprake dat Argentinië ‘n verban wil instel op die uitvoer van sy sojaboonprodukte, soos oliekoek en sojaolie.

Die binnelandse sojaboonkontrakte het Dinsdagoggend skerp afwaarts verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R220/ton (- 2,41%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R8 910/ton.


Koring:

Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Maandag onveranderd verhandel.

Rusland gaan in Maart 1 600 261 ton koring uitvoer, wat die laagste syfer sedert Mei verlede jaar is. Volgens berigte gaan die graanuitvoere by al vyf Russiese Swartsee-hawens voort. Nuusagentskappe van binne Rusland het egter berig dat uitvoer van koring, gars, mielies en rog van middel Maart tot einde Junie heeltemal verbied kan word. 

Die binnelandse koringkontrakte het Dinsdagoggend in die groen verhandel vir meeste van die naaste kontrakmaande. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R26/ton (+ 0,38%) hoër verhandel om uiteindelik op R6 920/ton te sluit.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus GraanSA se webtuiste.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.