On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 17 Mar 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Vir die week wat eindig 11 Maart is daar 26 129 ton mielies regoor Suid-Afrika gelewer. FOTO: OFM-nuus

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Woensdagoggend met 4,1% gestyg.

Die grondbeginsels van vraag en aanbod dryf steeds mieliepryse aan, veral met ramings van verminderde hektare in die Oekraïne vir die komende seisoen.

Die plaaslike Safex-mieliekontrakte het Woensdagoggend opwaarts verhandel. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R41/ton (+ 1,00%) gestyg om teen R4 112/ton gesluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R55/ton (+ 1,29%) hoër verhandel en teen R4 328/ton gesluit.

Vir die week wat eindig 11 Maart is daar 26 129 ton mielies regoor Suid-Afrika gelewer. Daar is 8 444 ton witmielies gelewer en 17 685 ton geelmielies. Vir die 2021/22 bemarkingseisoen is daar al 14 866 958 ton gelewer.


Sojaboon:

Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Woensdagoggend weer met 1,7% gedaal.

Argentinië het onlangs aangekondig dat hulle die uitvoerregistrasie vir sojaboonolie- en -meel staak. Hierdie stap stop verkope en uitvoer van die 2021/22-oes. Gemiddeld voer Argentinië maandeliks 1,5 miljoen ton sojameel en 300 000 ton sojaboonolie uit.  

Die binnelandse sojaboonkontrakte het Woensdagoggend skerp afwaarts verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R87/ton (+ 0,98%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R9 000/ton.

Vir die week wat eindig 11 Maart was daar 2 165 ton sojabone regoor Suid-Afrika gelewer. Die 2022/23-bemarkingseisoen is nog net twee weke aan die gang, en daar is al ‘n totaal van 3 083 ton sojabone gelewer.


Koring:

Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Woensdagoggend met 5,9% geklim.

Verslae lui dat die koringuitvoer in die Swartsee geleidelik hervat het en slegs 'n maksimum van 20 000 ton per dag beweeg. Algerië en Egipte het die uitvoer van koringafgeleide produkte verbied. Rusland het die uitvoer van koring, gars, rog en mielies na die Eurasiese Ekonomiese Unie tot einde Junie verbied. Oekraïense landboukonsultante voorspel 'n afname van 39% in aangeplante hektaar, as gevolg van die voortslepende konflik met Rusland.

Die binnelandse koringkontrakte het Woensdagoggend matig in die groen verhandel vir meeste van die naaste kontrakmaande. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R8/ton (+ 12%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R6 945/ton.

Vir die week wat eindig op 11 Maart was daar 5 286 ton koring gelewer, dit skuif die totaal vir die 2021/22 bemarkingseisoen op na 2 160 063 ton koring.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste. 

OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.