On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbou-ekonoom gesels oor huidige sonneblomoliepryse

───   ELSABÉ RICHARD 09:57 Thu, 17 Mar 2022

Landbou-ekonoom gesels oor huidige sonneblomoliepryse  | News Article
Daar word verwag dat hierdie styging in sonneblomoliepryse ‘n langtermyn effek sal hê op besighede soos restaurante. FOTO: Sabrina Dean

Een van die faktore wat tans bydra tot die prys van sonneblomolie is die oorlog in die Oekraïne weens Rusland se inval in daardie land.

Sien onderstaande PODCAST

Heleen Viljoen, ‘n landbou-ekonoom by Graan SA, verduidelik dat Suid-Afrika afhanklik is van sonneblomolie-invoer, en met die oorlog wat tans aan die gang is, word invoer negatief beïnvloed. Dit, soos die Swartsee – vanwaar Suid-Afrika meeste van dié produkte invoer – se hawens nie op volle kapasiteit funksioneer nie. Dit is ‘n faktor wat kan bydra tot plaaslike sonneblomoliepryse wat die hoogte inskiet.

Volgens Viljoen is die verhoging in sonneblomoliepryse nie as gevolg van die verhoging in landboukommoditeitpryse nie - dit is as gevolg van waardeketting ontwrigtings.

Lees ook: #Ukraine and the economy

Daar ontstaan ook ‘n tendens in die mark dat die winsmarges van ‘n boer ook nou sal opgaan omdat die sonneblomprys opgaan, maar dit is egter nie waar nie, sê Viljoen.

“Mense moet onthou dat nie net die kommoditeit se prys opgaan nie, al die insetpryse gaan op. Kunsmispryse skiet deur die dak, en dit affekteer ‘n boer direk.

“Dit speel ook in op die wydverspreide effek van die oorlog – dit is nie net pryse wat opgaan nie, daar is baie newe-effekte daarvan. Die prys wat opgaan dien as kussing vir insetkoste wat ook nou opgaan,” verduidelik sy.

Lees ook: Hoe die Rusland-Oekraïne-konflik SA boere kan raak

Viljoen deel verder dat ‘n boer se aandeel in ‘n 750ml bottel sonneblomolie 40% is. Dit beteken dat as die bottel olie R23,00 kos, kom net R10,00 hiervan vanaf die produsent en die oorblywende R13,00 vanaf die waardeketting wat prosesseerders, verwerkers en vervoer insluit, wat ook deur die oorlog affekteer word.

Met dit gesê, word daar verwag dat hierdie styging in sonneblomoliepryse ‘n langtermyn effek sal hê op besighede soos restaurante.

Die inval van Rusland in die Oekraïne het uitgewys hoe Suid-Afrika, en ander dele van die wêreld, afhanklik is van dié twee lande.

Suid-Afrikaanse produsente kan voordeel trek uit die huidige onrus in die Oekraïne, maar Viljoen sê egter dat insetkostes ‘n stok in die wiel kan gooi. Brandstofpryse is aan die styg, sowel as kunsmispryse wat ook die hoogte ingeskiet het.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.