Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 22 Mar 2022
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Vrydagoggend met 3,3% gestyg.
Hierdie prysstyging volg op vrese vir globale mielievoorraad, tesame met Amerikaanse uitvoeroptimisme. Mielie-uitvoerverkope van die ou oes het 1 861 918 ton beloop met nog 203 210 ton vir die nuwe oes. Die kumulatiewe totaal vir die 2021/22-bemarkingseisoen het 28 805 121 ton beloop.
Die internasionale graanraad (IGC) het hul skatting van die Oekraïnse graanuitvoer met 24% verlaag, wat 'n afname van 34% van mielie-uitvoer ingesluit het. Op wêreldskaal het die IGC egter sy voorspelling vir globale 2021/22 mielieproduksie met 3 988 010 ton verhoog,
Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Vrydagoggend opwaarts verhandel. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R51/ton (+ 1,27%) geklim om teen R4 055/ton gesluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R70/ton (+ 1,65%) hoër verhandel en teen R4 277/ton gesluit.
Vir die week geëindig 11 Maart is 51 101 ton witmielies uitgevoer, wat die 2021/22-bemarkingseisoen totaal op 645 127 ton te staan bring. Vir geelmielies is altesaam 57 341 ton mielies uitgevoer, wat die totaal op 2 562 063 te staan bring.
Sojaboon:
Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Vrydagoggend met 1,2% gestyg.
Amerikaanse uitvoerverkope vir die week, geëindig 11 Maart, het 1 168 462 ton (- 43%) beloop vir ou gewasse sojabone en 444 523 ton vir nuwe gewasse sojabone.
China se staatsmedia het aangekondig dat hulle 'n verhoging van 1 335 463 hektaar in sojaboonproduksie vir 2022 beraam.
Die binnelandse sojaboonkontrakte het Vrydagoggend skerp afwaarts verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R127/ton (+ 1,44%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R8 950/ton.
Koring:
Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Vrydagoggend met 2,7% geklim.
Die Internasionale Graanraad (IGC) het beraam dat die globale koringproduksie vir die 2021/22-seisoen, globale koringproduksie van 780 998 258 ton sal bereik. Wat nie beduidende veranderinge getoon het vanaf die vorige maand se skatting nie.
Die binnelandse koringkontrakte het Vrydagoggend in die gemeng verhandel.
Vir die week geëindig 11 Maart is 43 900 ton koring na Suid-Afrika ingevoer. Dit is 56% laer as die vorige week se invoere. Die kumulatiewe totaal vir die 2021/22 bemarkingseisoen is 704 050 ton.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
