On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Rusland-Oekraïne-konflik het landboukommoditeite só geraak

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 22 Mar 2022

Rusland-Oekraïne-konflik het landboukommoditeite só geraak | News Article

Die grootste prysbewegings in landboukommoditeite is aangeteken die dag toe Rusland die Oekraïne ingeval het.

Sien onderstaande PODCAST

Dit is volgens Heleen Viljoen, landbou-ekonoom by Graan SA, wat verduidelik die grootste prysstygings is by sonneblom en koring gesien, terwyl ander graanpryse ook prysstygings gesien het.

Sy deel ook dat prysstygings op 24 Februarie begin het toe die nuus gebreek het dat Rusland die Oekraïne ingeval het. Dié nuus het tot gevolg gehad dat mense met paniek-aankope begin het wat tot voorraadtekorte gelei het, wat weer tot hoë pryse gelei het.

Pryse vir die Maart-koringkontrak het op daardie dag met R366 ‘n ton gestyg, terwyl die sojaboonkontrak met R660 ‘n ton gestyg het. Volgens Viljoen is hierdie tipe prysstygings abnormaal in ‘n normale mark.

Lees ook: Landbou-ekonoom gesels oor huidige sonneblomoliepryse

“So, wat ons nou in die korttermyn sien, is dat die markte baie volatiel is omdat daar baie onsekerheid is rondom wat gaan gebeur met hierdie oorlog.

“Hierdie volatiliteit en onsekerheid lei daartoe dat daar groot prysbewegings is. Soos wat ons groot prysbewegings opwaarts gesien het, kan dieselfde gebeur afwaarts,” verduidelik Viljoen.

Sy sê dit is moeilik om in hierdie stadium te kan sê wat die uitwerking van die oorlog in die Oekraïne op die langtermyn kan hê, omdat daar nog onsekerheid is oor hoe lank die onrus gaan voortduur.

Die rippel-effek van die oorlog word wyd gesien soos wat daar nou ook ‘n tekort aan olie in die wêreld is, wat ook ‘n verhoging in oliepryse veroorsaak. Maar die hoë olieprys kan die vraag na biobrandstof versterk. Viljoen voeg by dat sojabone en mielies gebruik kan word vir etanolproduksie, wat ‘n biobrandstof is met ‘n laer prys in vergelyking met die huidige prys van olie.

OFM-nuus het onlangs berig dat sonneblomoliepryse ook styg weens waardeketting-ontwrigtings in die Swartsee. Suid-Afrika voer meeste van sy produkte, wat sonneblomolie insluit, vanaf die Swartsee in maar die hawens daar funksioneer nie op volle kapasiteit nie.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.