On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 25 Mar 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Etanolproduksie is op ‘n hoë vlak met aandele wat met 1% gestyg het tot die hoogste vlak in amper twee jaar.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mark het rigting verander in die vorige sessie en het aan die positiewe kant verhandel. Pryse het met 0,5% geklim. Hierdie prysstyging kan toegereken word aan uitvoer optimisme in Amerika en onsekerheid oor die uitvoer vermoë in die Oekraïne wat gelei het tot ‘n rondte tegniese aankope.

Etanolproduksie is op ‘n hoë vlak met aandele wat met 1% gestyg het tot die hoogste vlak in amper twee jaar. Argentinië is die wêreld se tweede grootste mielie-uitvoerder met oeste wat effens laer verwag word as die vorige seisoen.  

Plaaslik: Die plaaslike mieliemarkpryse het aan die negatiewe kant verhandel met meeste van wit- en geelmielies se gelyste kontrakte wat in die rooi verhandel het. Witmieliepryse het tot en met 0,6% gedaal en geelmielies 1,1%. Die verskil tussen wit- en geelmielies staan tans op R193.

Die witmieliekontrak het vir Maart R7/ton swakker verhandel vir die dag om teen R4 087/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Julie het R20/ton swakker verhandel teen R4 155/ton.

Die geelmieliekontrak vir Maart 2022 het R30/ton swakker verhandel teen R4 280/ton. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie R31/ton swakker verhandel om teen R4 336/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboon het sy positiewe vertoning voortgesit vir die derde opeenvolgende sessie. Hierdie vertoning was die beste van al drie dae met pryse wat met 1,25% sterker verhandel het.

Hierdie toename in prys kom ná ‘n rondte tegniese aankope wat veroorsaak is deur vrese oor die Suid-Amerikaanse produksie en uitvoer-optimisme in Amerika.

Oorspoel vanaf die energiesektor het pryse verder ondersteun. Beide sojaboonolie en meelpryse het onderskeidelik 1,75% en 2% gestyg.

Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het baie skerp gedaal, moontlik weens die plaaslike oes wat tans begin. Pryse het tot en met 6,2% gedaal vir die sessie. Al die gelyste kontrakte het in die rooi verhandel.

Die sojaboon Maart ’22-kontrak het R570/ton swakker verhandel teen R9 160/ton. Die sojaboon Mei ’22-kontrak het R30/ton swakker verhandel teen R8 990/ton. Die sojaboon Julie ’22-kontrak het teen R9 075/ton, R55/ton swakker, verhandel.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark was op sy eie stasie Donderdag met pryse wat nie die mas kon opkom nie. Handelaars het deelgeneem aan ‘n rondte tegniese verkope en winsneming.

Kenners reken dat die Oekraïne se graanoes tot en met 55% kan daal teenoor die vorige seisoen met aansienlik kleiner aanplantings.

Die verwagting is ook dat uitvoer met 32% kan daal. Lande staan in rye om met Indië te onderhandel oor koringuitvoer na hierdie lande aangesien Indië dien as alternatief teenoor Rusland en die Oekraïne.

Plaaslik: Die plaaslike koringmark het baie min wisselvalligheid getoon. Pryse het maar gemeng gesluit met marginale winste en verliese.

Die koring Maart '22-kontrak het teen R6 990/ton verhandel, R11/ton hoër. Die koring Mei ’22-kontrak het teen R6 910/ton verhandel, R10/ton laer.

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.