On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Tweede produksieskatting voorspel kleiner mielie-oes

───   13:47 Tue, 29 Mar 2022

Landbounuus-podcast: Tweede produksieskatting voorspel kleiner mielie-oes | News Article

Die oppervlakte- en tweede produksieskatting van somergewasse vir die 2022 produksieseisoen, toon dat die geskatte mielie-oes 10% kleiner as die 2021-oes is.

Volgens die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, gaan die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, naamlik die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes na verwagting 82% van die 2022-oes produseer. Die departement sê verder dat die hersiene oppervlak onder witmielies 1,575 miljoen hektaar is, en vir geelmielies is die oppervlak 1,048 miljoen hektaar. OFM-nuus se Elsabé Richard berig die produksieskatting van witmielies is 7,570 miljoen ton, 0,46% of 34 450 ton meer as die 7,535 miljoen ton van die vorige skatting.  Die derde produksieskatting vir somergewasse vir 2022 sal op 26 April vrygestel word.

Rolspelers in die lewendehawebedryf werk hard daaraan om te verhoed dat bek-en-klouseer verder versprei. Die virussiekte is verlede week in Noordwes in Limpopo bevestig, nadat dit in KwaZulu-Natal aangemeld is. Francois Knowles, registrateur van die Landbouprodukte-agenteraad, oftewel APAC, sê bek-en-klouseer het die potensiaal om ‘n ekonomie op sy knieë te bring as dit nie onder beheer gebring word nie.

EN

Daar ontstaan 'n moontlikheid dat reën weer in die eerste deel van April in sentraal Suid-Afrika kan voorkom. Johan van den Berg, 'n onafhanklike landbouweerkundige, sê die La Nina-verskynsel wat steeds verteenwoordig is, sal nog heel waarskynlik reën in beide April en Mei bring.





OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.