Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Wed, 30 Mar 2022
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Dinsdagoggend met 0,7% gedaal.
Vir die week geëindig 24 Maart het die USDA aangekondig dat mielie-uitvoerinspeksies met 7% week-op-week toegeneem het om 1 605 365 ton te bereik.
Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het effens afwaarts verhandel. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R8/ton (-0,20%) gedaal om teen R4 046/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R13/ton (- 0,31%) laer verhandel en teen R4 280/ton gesluit.
Die tweede oesskatting is Maandagmiddag vrygestel. Vir witmielies is die huidige skatting 'n aangeplante oppervlakte van 1 575 000 ha (- 6,9% jaar-op-jaar) en vir die produksieskatting 7 569 550 ton (+ 0,45% vanaf die eerste skatting).
Vir geelmielies is die huidige skatting 'n aangeplante oppervlakte van 1 048 000 ha (- 1,46% jaar-op-jaar) en vir die produksieskatting 7 114 500 ton (+ 1,71% vanaf die eerste skatting). Vir totale mielies is die huidige skatting 'n aangeplante oppervlakte van 2 623 000ha (- 4,8% jaar-op-jaar) en vir die produksieskatting 14 684 050 ton (+ 1,06% vanaf die eerste skatting).
Sojaboon:
Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Dinsdagoggend met 2,7% gedaal.
Die USDA-uitvoerinspeksies vir die week geëindig 24 Maart het 'n toename van 14% week-op-week aangedui, wat 628 674 ton bereik het.
Die binnelandse sojaboonkontrakte het afwaarts verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R66/ton (- 0,75%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R8 755/ton.
Die tweede oesskatting is Maandagmiddag vrygestel. Vir sojabone is die huidige skatting 'n aangeplante oppervlakte van 925 300 ha (+ 10,61% jaar-tot-jaar) en vir die produksieskatting 1 885 850 ton (+ 3,42% vanaf die eerste skatting).
Koring:
Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Dinsdagoggend met 4,1% gedaal.
Die USDA het Maandag die uitvoerinspeksies vir die week wat op 24 Maart geëindig het, aangekondig. Die verslae het aangedui dat 'n effense hoër koers week-tot-week, op 340 192 ton geëindig het.
Egipte het aangesluit by 'n groeiende lys van lande wat 'n 'plan B' soek in terme van graanaankope. Egipte het gesprekke met Argentinië, Frankryk, Indië en die Verenigde State begin.
Die binnelandse koringkontrakte het effens opwaarts verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R70/ton (- 1,01%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R6 860/ton.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
