On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 04 Apr 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Die binnelandse sojaboonkontrakte het skerp afwaarts verhandel.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het met 1,4% opwaarts verhandel.

Die USDA se voornemende aanplantingsverslag vir 2022 het aan die lig gebring dat mielieprodusente van plan is om 36 219 365 hektaar mielies hierdie seisoen te plant. Dit is 4% laer as die vorige jaar se 37 780 238 hektaar.

Amerikaanse uitvoerverkope vir die week geëindig 25 Maart, het effens toegeneem, met 24% meer as die vorige vier-week gemiddelde. Die Amerikaanse uitvoerbesendings het 1 882 239 ton bereik, wat meestal na China uitgevoer is.

Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het skerp opwaarts verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R54/ton (+ 1,38%) gestyg om teen R3 964/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R52/ton (+ 1,28%) hoër verhandel en teen R4 117/ton gesluit.

Vir die week geëindig 25 Maart is 11 043 ton witmielies uitgevoer, wat die 2021/22 bemarkingseisoen totaal op 675 601 ton te staan bring. Vir geelmielies is 'n totaal van 38 640 ton mielies uitgevoer, wat die totaal op 2 689 315 ton te staan bring. Dit is die 47ste mieliebemarkingsweek vir die 2021/22-seisoen.


Sojaboon:

Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste handelsmaand het opwaarts verhandel met 'n 1,3%-verhoging.

Die voorneme vir die sojaboon aangeplante area is 'n rekordpoging in 2022. Amerikaanse sojaboonprodusente beoog om 36 808 183 ton te plant, 4% meer as die vorige jare se 35 286 565 ton.

Amerikaanse uitvoerverkope vir die week geëindig 25 Maart het effens toegeneem - 22% bo die week-tot-week-gemiddelde neiging. Die Amerikaanse uitvoerbesendings het 1 882 239 ton bereik, wat meestal na China uitgevoer is.

Die binnelandse sojaboonkontrakte het skerp afwaarts verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R162/ton (- 1,89%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R8 408/ton.


Koring:

Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het afwaarts verhandel met 'n daling van 2,1%.

Amerikaanse uitvoerverkope vir die week wat op 25 Maart geëindig het, was meestal bestendig - 2% bo die vorige vier-week gemiddelde neiging .

Die Amerikaanse uitvoerbesendings het 348 356 ton bereik, wat meestal na Mexiko uitgevoer is.

Die binnelandse koringkontrakte het opwaarts verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R25/ton (+ 0,38%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R6 635/ton.

Vir die week geëindig 25 Maart, is 35 019 ton koring na Suid-Afrika ingevoer. Dit is 20% hoër as die vorige week se invoer. Die kumulatiewe totaal vir die 2021/22-bemarkingseisoen is 762 989 ton. Dit is die 26ste bemarkingsweek vir die 2021/22-seisoen.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.