On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 07 Apr 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Die plaaslike mieliemark het maar min wisselvalligheid getoon in Woensdag se verhandelingsessie. FOTO: Photoxpress.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mark het sy positiewe vertoning voortgesit met pryse wat met 1,25% gestyg het weens laer aanplantings verwag deur die USDA. Die Oekraïne se onvermoë om uit te voer het pryse verder ondersteun.

Die USDA het sy eerste oesvorderingsverslag Maandag uitgereik, die mielieplantseisoen is nog nie sterk aan die gang nie. Die enigste ligpunt was Texas wat al reeds 54% van sy oes geplant het.    

Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het maar min wisselvalligheid getoon in Woensdag se verhandelingsessie. Al die gelyste kontrakte het in die groen verhandel, maar winste was maar marginaal. Witmieliepryse het tot en met 0,7% gestyg en geelmielies 0,6%. Die verskil tussen wit- en geelmielies staan tans op R140.

Produsente-lewerings vir mielies, soos op Vrydag 1 April 2022, lyk soos volg: kumulatiewe produsente-lewering vir witmielies staan tans op 8 044 348 ton en 9 697 ton vir die week vanaf 26 Maart tot 1 April. Geelmielies staan kumulatief tans op 6 934 410 ton en vir die week vanaf 26 Maart tot 1 April op 25 566 ton. Die totaal vir wit- en geelmielies staan tans op 14 978 758 ton vir die 2021-22 seisoen.

Die witmieliekontrak het vir April R20/ton sterker verhandel vir die dag om teen R4 070/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Julie het R26/ton sterker verhandel teen R4 124/ton.

Die geelmieliekontrak vir April 2022 het R21/ton sterker verhandel teen R4 210/ton. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie R24/ton sterker verhandel om teen R4 277/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het sy opwaartse tendens voortgesit in die vorige verhandelingsessie. Die prystoename is te danke aan oorspoel-ondersteuning vanaf mielies en koring. Die onsekerheid oor die grootte van die Suid-Amerikaanse oes is ook steeds ‘n faktor wat pryse ondersteun.

Pryse het met 1,5% gestyg. Die Europese Unie se invoersyfers blyk of dit tans 6,5% laer is in vergelyking met die vorige seisoen.

Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het ‘n meer wisselvallige verhandelingsessie ervaar as mielies, met pryse wat tot en met 1,3% gestyg het. Sojaboonpryse is effens onder druk weens die stroopseisoen wat reeds begin het.

Die sojaboon April ’22-kontrak het 90/ton sterker verhandel teen R8 500/ton. Die sojaboon Mei ’22-kontrak het R96/ton sterker verhandel teen R8 421/ton. Die sojaboon Julie ’22-kontrak het teen R8 634/ton, R109/ton sterker, verhandel.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het sterk ondersteuning gevind nadat die USDA ‘n persverklaring uitgereik het wat aangedui het dat die koring se kwaliteit laer is as wat verwag is. Die oorlog tussen Rusland en die Oekraïne is steeds ‘n faktor wat lei tot onsekerheid en dus pryse ondersteun.

Die USDA se kwaliteit-verklaring het aangedui dat slegs 30% van die seisoen se winterkoring as goed-tot-uitstekend gegradeer kan word. Japan het ‘n tender uitgereik vir koring waarvan 44% tans uit Amerika sal kom.

Plaaslik: Die plaaslike koringmark het ook min wisselvalligheid getoon en die dag is gesluit met marginale winste.

Produsentelewering vir koring staan tans op 2 167 775 ton kumulatief en 3 155 ton vir die week vanaf 26 Maart tot 1 April.

Die koring April '22-kontrak het teen R6 820/ton verhandel, R35/ton hoër. Die koring Mei ’22-kontrak het teen R6 810/ton verhandel, R38/ton hoër.

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.