On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Minister spreek kommunale eiendomsverenigings in Vrystaat toe

───   ELSABÉ RICHARD 13:49 Thu, 07 Apr 2022

Landbounuus-podcast: Minister spreek kommunale eiendomsverenigings in Vrystaat toe | News Article
FOTO: Elsabé Richard/OFM-nuus

Kommunale eiendomsverenigings in die Vrystaat het die geleentheid gehad om met die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, by die Illanga-landgoed in Bloemfontein in gesprek te tree.

Didiza is in die Vrystaat om met hierdie verenigings, landbou-organisasies en -unies in gesprek te tree voor die Presidensiële Imbizo, wat daarop gemik is om te verseker dat die stemme en perspektiewe van gemeenskappe regoor die provinsie gehoor word. Meer as 30 kommunale eiendomsverenigings was deel van hierdie geleentheid. Die minister sal na verwagting Vrydag landbou-organisasies en -unies by die Illanga-landgoed toespreek.

Daar is goeie nuus vir graanprodusente, veral in die noordelike gebiede van Sentraal Suid-Afrika. Volgens NWK Landboubestuursdienste se Bestuurder: Presisieboerdery, Martiens du Plessis, was produsente in NWK se bedieningsgebied met ’n baie goeie seisoen geseën, en hy verwag dat produsente goeie graanopbrengste gaan hê. Hy vertel dat die Noordwes-provinsie, soos normaalweg, tot middel November nog droog was, maar dat reën gereeld in Desember en Januarie voorgekom het. Du Plessis deel verder dat die afgelope naweek se reën waardevol was, sodat veral die mielies wat plek-plek begin swaar trek het, se stres verlig is en dat hulle nou behoorlik kan kopvul.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewendehawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Derksen sê speenkalwers, onder 200kg, het teen R40,33 per kg verkoop, terwyl speenkalwers tussen 200kg en 250kg, teen R37,00, en speenkalwers oor 250kg, teen R35,03 per kg verkoop het.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.