On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 11 Apr 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Die koring April '22-kontrak het teen R6 823/ton verhandel, R34/ton laer. FOTO: OFM-nuus.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mark het min wisselvalligheid getoon in die vorige sessie en het marginale winste getoon ná ‘n rondte ligte tegniese aankope. Handelaars probeer tans aan die regte kant van die mark kom voordat die USDA sy WASDE-verslag vrystel.

Amerikaanse uitvoer is 13% laer as die vorige week en Brasilië se Conab het sy mielie-oes se verwagtinge met 2,9% verhoog.    

Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het nog ‘n dag van lae wisselvalligheid ervaar Vrydag maar pryse het aan die negatiewe kant verhandel teen sluitingstyd. Verliese was maar marginaal en het gewissel tussen -0,28% en 0.8%. Slegs die Julie 2023 kontrak vir beide wit- en geelmielies het in die groen gesluit.

Die witmieliekontrak het vir April R31/ton swakker verhandel vir die dag om teen R4 040/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Julie het R27/ton laer verhandel teen R4 090/ton.

Die geelmieliekontrak vir April 2022 het R34/ton laer verhandel teen R4 172/ton. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie R37/ton laer verhandel om teen R4 228/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het beter presteer as die mieliemark met pryse wat op gemiddeld 1,5% gestyg het. Die prysstyging kom nadat Brasilië se Conab sy sojaboonproduksie skatting verder verlaag het weens droë weer wat vir die volgende maand voorspel word.

Indien hierdie laer skatting realiseer, sal Brasilië ‘n verlaging van 11,4% waarneem in sy sojaboonproduksie in vergelyking met die vorige seisoen. Amerikaanse sojaboonuitvoere is 20% bo die vorige vier-week gemiddeld met China wat die grootste invoerder is.

Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het beter presteer as die vorige sessie met pryse wat tussen 1,78% en 2,18% gestyg het na aanleiding van ‘n sterk Amerikaanse mark.

Die sojaboon April ’22-kontrak het R154/ton sterker verhandel teen R8 665/ton. Die sojaboon Mei ’22-kontrak het R190/ton sterker verhandel teen R8 704/ton. Die sojaboon Julie ’22-kontrak het teen R8 800/ton, R180/ton sterker, verhandel.


Koring:

Die Amerikaanse koringpryse het geval ná ‘n rondte tegniese verkope en winsneming weens hoë pryse vroeër in die week. Amerikaanse koringuitvoer is 8% laer as die vorige vier-week se gemiddeld.

Kenners verwag dat die Amerikaanse koring-eindvoorraad effens verhoog sal word in die WASDE-verslag. ‘n Koringkontrak deur Japan is onlangs deur Amerika, Kanada en Australië gevul met Amerika wat 44% daarvan gevul het.

Plaaslik: Die plaaslike koringmark het gemeng gesluit, met meer verliese as winste. Beide was maar marginaal.

Die koring April '22-kontrak het teen R6 823/ton verhandel, R34/ton laer. Die koring Mei ’22-kontrak het teen R6 808/ton verhandel, R54/ton laer.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.