On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 13 Apr 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het met 2,8% gestyg. FOTO: Photoxpress.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het met 0,5% gedaal.

Die USDA het Maandag hul weeklikse gewasvorderingsverslag vrygestel, wat aandui dat 2% van die Amerikaanse mielies in al 18 state geplant is en dat die meerderheid state voldoende bogrondvogtoestande het. Sommige lande in Europa en Noord-Afrika, sowel as Indië en die VSA, is besig met die plantstadium van die mielie-oes.

Die plaaslike Safex-mieliekontrakte het gemeng verhandel vir wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R9/ton (- 0,22%) gedaal om teen R4 107/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R5/ton (- 0,12%) laer verhandel om teen R4 252/ton te sluit.


Sojaboon:

Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste handelsmaand het met 2% gedaal.

Sojaboon-uitvoerinspeksies het week-tot-week toegeneem met 3,25% tot 766 232 ton vanaf die vorige weke se 741 290 ton. China was die nommer-een bestemming met 424 559 ton wat uitgevoer is. Mexiko en China het aan die begin van April met die plantstadium van die produksieseisoen begin.

Die binnelandse sojaboonkontrakte het weer skerp gestyg. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R119/ton (+ 1,34%) hoër verhandel om uiteindelik op R9 000/ton te sluit.


Koring:

Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het met 2,8% gestyg.

Die USDA het Maandag hul weeklikse oesvorderingsverslag vrygestel wat aangedui het dat vir die winterkoringoes, 76% van die oes in 'n redelike tot goeie toestand is. 

In ses van die state is 6% van die lentekoring-oes reeds geplant. Dit is in vergelyking met die vorige jare 5%. Die koringplantseisoen is in volle swang met die VSA, Mexiko, Brasilië en Australië wat lentekoring begin plant, en sommige Europese lande is reeds in die middel van die seisoen vir winterkoring en die plant van lentekoring.

Die binnelandse koringkontrakte het effens opwaarts verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R32/ton (+ 0,46%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R6 977/ton.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.