Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Thu, 14 Apr 2022
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het met 1,5% gestyg.
Daar word gerapporteer dat die eerste mielie-oes in Brasilië 57% voltooi is, met die meer noordelike deel van Brasilië wat gunstige tot buitengewone produksietoestande ervaar, en die suidelike deel van Brasilië wat swak toestande ervaar weens droogte en hitte.
Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het gemeng verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Witmieliekontrakte het meestal opwaarts verhandel. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R8/ton (+ 0,19%) gestyg om teen R4 119/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R5/ton (+ 0,12%) hoër te verhandel om teen R4 260/ton te sluit.
SAGIS het die produsentelewerings vir die week wat op 8 April eindig, vrygestel. Berigte het na vore gekom dat die huidige vloedtoestande in KwaZulu-Natal invoer en uitvoer vanaf die Durbanse hawe gestuit het. Dit kan tydelike implikasies vir mielie-uitvoer en -invoer hê.
Sojaboon:
Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste handelsmaand het met 0,9% gestyg.
Die sojaboon-oes in Brasilië is na berig al 85% voltooi. Argentynse trokbestuurders staak vir die tweede dag, werkers probeer onderhandel vir verhoogde skeepvervoerkostes om inflasie te bekamp. In Argentinië reis 85% van die graan via vragmotors na die hawens vir uitvoer.
Die binnelandse sojaboonkontrakte het met afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R17/ton (- 0,19%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R8 990/ton.
Weeklikse SAGIS-produsentelewerings vir sojabone is tot verdere kennisgewing opgeskort. Dit is as gevolg van onvoldoende vrystellings van bedryfsdata om 'n akkurate voorstelling van die aflewerings te publiseer.
Koring:
Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het met 2,1% gestyg.
Sagtekoring-uitvoer vanaf die EU het tot dusver 20 629 218 ton vir die 2021/22-seisoen bereik. Dit is effens laer as verlede jaar se pas. Kommer oor die Oekraïense produksie-uitvoer is steeds 'n groot aanwyser in die mark. Egipte se grootste koringtender het hul jongste koringtender herskryf om weer die Swartsee in te sluit.
Die binnelandse koringkontrakte het effens opwaarts verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R1/ton (+ 0,01%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R6 975/ton.
Daar was berigte dat die huidige vloedtoestande in KwaZulu-Natal invoer en uitvoer vanaf die Durbanse hawe gestuit het. Dit kan tydelike implikasies vir koringinvoer inhou.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
