On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Vanjaar se Bloemskou amptelik bekend gestel

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Thu, 14 Apr 2022

Vanjaar se Bloemskou amptelik bekend gestel | News Article
Van die hoogtepunte om na uit te sien is die veestoetkampioenskappe en -uitstallings, wat onder andere die Skaapvleis Marino Nasionale Super Top 10 Ramskou insluit. FOTO: Elmarie Prinsloo/OFM-nuus.

Vanjaar se Bloemskou is amptelik bekend gestel met 'n vol program wat vir oud en jonk voorsiening maak.

Sien onderstaande PODCAST

Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof van Bloemskou, sê die afgelope twee jaar was uitdagend aangesien die Covid-19-pandemie en beperkings verhoed het dat die skou plaasvind. 

Die skou vind vanaf 27 April tot 7 Mei by die Bloemfontein-skougronde plaas.

LEES OOK: Bloemskou-voorbereidings goed op dreef

Van die hoogtepunte om na uit te sien is die veestoetkampioenskappe en -uitstallings, wat onder meer die Skaapvleis Marino Nasionale Super Top 10 Ramskou insluit. Optredes van verskeie vermaakkunstenaars sal ook aan die orde van die dag wees.

OFM-nuus het vroeër berig dat dié gekombineerde landbou- en kommersiële skou ‘n platform bied vir die stoetveebedryf, onder meer perde, kleinvee en beeste. Verskillende rasgenootskappe kry tydens die jaarlikse Bloemskou die geleentheid om hulle kampioenskappe aan te bied.

LEES OOK: Bloemskou beloof propvol program vir 2022

Boere en telers kry ook gedurende die skou die platform om bymekaar te kom en kennis en inligting uit te ruil.

 

Covid-19 maatreëls:

Nasionale Covid-19 regulasies dui daarop dat skoue en ander buitelug-geleenthede met 50%-kapasiteit mag voortgaan. Daarmee saam word besoekers versoek om ‘n bewys van ‘n negatiewe Covid-19 toetsuitslag – wat nie ouer as 72-uur is nie - te toon óf ‘n Covid-19 inentingsertifikaat.

Prinsloo deel dat Bloemskou hande met die Arrie Nel Apteekgroep gevat het, wat die Covid-19 toetse teen ‘n spesiale tarrief vir Bloemskou-besoekers kan bied. Sy moedig enigiemand aan om die Bloemskou-kantore te skakel indien hulle enige navrae wil doen hieroor.

 

Bek-en-klouseer

Bek-en-klouseer is vanjaar ‘n groot uitdaging vir die skou en het ‘n invloed op die getalle van diere wat deel van die skou gaan wees. Prinsloo sê die virussiekte, wat onlangs op ‘n plaas in die Vrystaat aangemeld is, sowel as op verskeie plase in die naburige Noordwes, beïnvloed veral die kampioenskappe waar beeste betrokke is. 

Daar is maatreëls in plek gestel waaraan boere moet voldoen om te verhoed dat bek-en-klouseer by die skou versprei. Prinsloo sê verder dat hulle saam met die staatsveearts werk om te verseker dat geen siek diere op die gronde toegelaat word nie.

Vir meer inligting besoek Bloemskou se webtuiste.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.