On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

#KZNfloods: Impak-assesserings aan die gang

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 25 Apr 2022

#KZNfloods: Impak-assesserings aan die gang | News Article
Die totale impak van hierdie vloede – veral op die voorsieningswaardeketting – kan egter nie op hierdie stadium bepaal word nie. FOTO: @rid1tweets/Twitter.

Impak-assesserings is tans in KwaZulu-Natal aan die gang nadat vloede groot skade veroorsaak het.

Boere in daardie provinsie is ook erg deur vloede geraak. 

Sien onderstaande PODCAST

Die suikerrietindustrie het ook sy eie impak-assesserings onderneem, waarvan R220 miljoen se skade alreeds ervaar is. Andrea Campher, Agri SA se Ramp- en Risikobestuurder, sê dat omtrent 300 produsente as deel van hierdie verslag skade aangemeld het.

Die totale impak van hierdie vloede – veral op die voorsieningswaardeketting – kan egter nie in hierdie stadium bepaal word nie.

ALSO READ: Ramaphosa declares National State of Disaster

Onmiddellike hulp wat tans deur die regering geprioritiseer word, is reddingsaksies en ook humanitêre uitreik-aksies. OFM-nuus het voorheen berig dat die Vrystaatse gesondheidsdepartement mediese personnel na KwaZulu-Natal gestuur het om te help met reddingsoperasies. Die span van sowat sewe lede, wat twee dosente by die Vrystaatse Kollege van Noodsorg ingesluit het, was ook deel van die groep.

Campher beklemtoon dat vloede nie net lewensverliese en skade aan infrastruktuur tot gevolg gehad het nie, maar ook ‘n groot impak op die landbouwaardeketting het.

“Agri SA en sy provinsiale affiliasie, Kwanalu, en geaffekteerde kommoditeitsgroepe sal die regering bystaan waar hulle kan, veral om te help verseker dat die uiters belangrike Durbanse hawe so gou moontlik weer kan funksioneer. Daar het reeds agterstande ontwikkel, en dit is veral ernstig vir die uitvoer van bederfbare landbouprodukte wat behoorlik geberg en vervoer moet word.

ALSO READ: FS, KZN search and rescue teams focus on recovering more bodies

“Die situasie is baie ernstig en gaan dringende en gefokusde optrede verg om seker te maak boere kan hul produk op die mark kry. Die regering moet dus padherstel en toegang tot 'n funksionerende hawe as topprioriteite prioritiseer om voorsieningsketting-ontwrigting te beperk. As daar enige onnodige vertragings in hierdie verband is, sal dit 'n uitkringeffek hê, wat kan lei tot werkverliese en moontlike tekorte aan landbouprodukte.”

Die organisasie verwelkom intussen die herklassifikasie van die voorheen verklaarde provinsiale ramp as 'n nasionale ramp weens die impak van erge weersomstandighede. Campher verduidelik dat hierdie klassifikasie beteken dat nasionale hulpbronne, onder leiding van die Nasionale Rampbestuursentrum, nou beskikbaar gestel kan word. Die omvang en die grote van die ramp het die kapasiteit van die provinsiale rampbestuursentrum oorskry en nasionale steun word nou gebied.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.