Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Tue, 26 Apr 2022
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste verhandelingsmaand het Maandagoggend met 0,8% gedaal.
Rusland het Vrydag die weeklikse uitvoerbelastingverslag vrygestel wat aangedui het dat uitvoerbelasting vir mielies verlaag is.
Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het vanoggend opwaarts verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R106/ton (+ 2,45%) gestyg om teen R4 438/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R80/ton (+ 1,78%) hoër verhandel om teen R4 575/ton te sluit.
Alhoewel die Durbanse hawe tans in Force Majeure is, gaan mielie-uitvoer steeds teen 'n geleidelike pas voort. Die meeste uitvoer na buurlande het egter ongestoord voortgegaan, maar uitvoer na die Swartseestreek het verlangsaam.
Sojaboon:
Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Maandagoggend met 1,8% gedaal.
Verlede week het die USDA 'n verslag vrygestel wat aangedui het dat die totale aangeplante oppervlakte in die EU vir oliesade na verwagting met 4,3% sal toeneem gedurende die 2022/23-seisoen.
Die binnelandse sojaboonkontrakte het Maandagoggend met skerp afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R144/ton (- 1,52%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R9 350/ton.
Plaaslike sojaboonprodusente word effens van die oesproses weerhou weens oormatige rëen.
Koring:
Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Maandagoggend met 0,2% gedaal.
Die Oekraïense koringoes het die koudste temperature in die middel van April vir die afgelope 30 jaar beleef. Rusland het Vrydag die weeklikse uitvoerbelastingverslag vrygestel wat aangedui het dat uitvoerbelasting vir koring weer verhoog is.
Die binnelandse koringkontrakte het Maandagoggend skerp opwaarts verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R70/ton (+ 0,96%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R7 325/ton.
Alhoewel die Durbanse hawe tans in Force Majeure is, gaan koringinvoer steeds teen 'n geleidelike pas voort.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
