Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Wed, 27 Apr 2022
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste verhandelingsmaand het Dinsdagoggend met 0,8% gedaal.
Maandagmiddag het die USDA die weeklikse oesvorderingsverslag vrygestel wat aangedui het dat 7% van die mielie-oes reeds geplant is. Dit word vergelyk met die vorige week se 4%. Die verslag het ook aangedui dat 2% van die mielie-oes begin opkom het.
Die uitvoerinspeksieverslag is ook Maandag bekend gemaak en dit het aangedui dat 1 650 844 ton mielies geïnspekteer is om uitgevoer te word. Dit is 28% hoër as die vorige weke 1 175 0398 ton. Die huidige jaar tot dusver uitvoerinspeksies is steeds ver onder (- 15,8%) die vorige bemarkingseisoen. Die totale mielies wat vir uitvoere vir die huidige seisoen geïnspekteer is, staan op 34 878 754 ton.
Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Dinsdagoggend effens opwaarts verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R3/ton (+ 0,07%) gestyg om teen R4 435/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R6/ton (+ 0,13%) hoër te verhandel en teen R4 573/ton te sluit.
Sojaboon:
Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Dinsdagoggend met 0,7% gedaal.
Maandagmiddag het die USDA die weeklikse oesvorderingsverslag vrygestel wat aangedui het dat 3% van die sojaboonoes reeds geplant is. Dit word die vorige weke 1% vergelyk.
Die uitvoerinspeksieverslag is ook Maandag bekend gemaak en dit het aangedui dat 602 178 ton sojabone geïnspekteer is om uitgevoer te word. Dit is 40% laer as die vorige weke 1 004 103 ton. Die totale sojabone wat vir uitvoer vir die huidige seisoen geïnspekteer is, staan op 46 598 182 ton, wat 16% laer is as die vorige seisoen.
Die binnelandse sojaboonkontrakte het Dinsdagoggend met skerp opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R90/ton (+ 0,96%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R9 430/ton.
Koring:
Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Dinsdagoggend met 0,3% gedaal.
Maandagmiddag het die USDA die weeklikse oesvorderingsverslag vrygestel wat aangedui het dat 13% van die lentekoringoes reeds geplant is. Dit word die vorige weke 8% vergelyk. Die verslag het ook aangedui dat die winterkoringtoestande 27% goed tot uitstekend is en dat 73% van die winterkoringoes in baie swak tot redelike toestande is.
Die uitvoerinspeksieverslag is ook bekend gemaak en dit het aangedui dat 287 997 ton koring geïnspekteer is om uitgevoer te word. Dit is 35% laer as die vorige weke 446 225 ton. Die totale koring wat vir uitvoer vir die huidige seisoen geïnspekteer is, staan op 18 369 908 ton.
Die binnelandse koringkontrakte het skerp opwaarts verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R69/ton (+ 0,94%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R7 391/ton.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
