Agriculture
Hier is van jou hoof landboustories op OFM─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 29 Apr 2022
Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf. OFM-nuus se Elsabé Richard lig vandeesweek se hoofstories op OFM uit.
Sien onderstaande PODCAST
Graan SA se NAMPO Oesdag is om die draai en die organisasie het reeds kommentaar teen die voorgestelde Covid-19-beleid gelewer, wat tot 24 April oop was vir die publiek se insae, en ook die afskaffing van reëls op geleenthede in die buitelug versoek. Verskeie buitelug-byeenkomste, veral skoue, sportbyeenkomste en konserte moet almal die huidige Covid-regulasies volg, wat deur die regering in plek gestel is om die verspreiding daarvan te verhoed. Hierdie regulasies sluit in die verskaffing van inentingsertifikate of 'n negatiewe Covid-19 toets, wat nie ouer as 72-uur is nie. Daarmee saam word slegs 50% van 'n perseel se kapasiteit toegelaat indien meer as 2 000 mense buite en 1 000 mense binnenshuis sal wees. Pieter Taljaard, Graan SA se hoof uitvoerende beampte, sê aan OFM-nuus die NAMPO Oesdag moet aan die regulasies voldoen en kan nie daarvan afwyk nie, anders sal die lang verwagte byeenkoms nie aangebied kan word nie.
The Department of Agriculture and Rural Development in the North West is urging farmers to be cautious and adhere to measures to prevent the spread of foot and mouth disease. This comes after two more farms were placed under precautionary quarantine after positive cases of the disease were reported in the province last month. Dr Langa Madyibi, Director of Veterinary Services, says all farmers, livestock owners, and members of the industry, should exercise caution when sourcing cattle.
Impak-assesserings is tans in KwaZulu-Natal aan die gang nadat vloede groot skade veroorsaak het. Die suikerrietindustrie het ook sy eie impak-assesserings onderneem, waarvan R220 miljoen se skade alreeds ervaar is. Andrea Campher, Agri SA se Ramp- en Risikobestuurder, sê dat omtrent 300 produsente as deel van hierdie verslag skade aangemeld het. Die totale impak van hierdie vloede – veral op die voorsieningswaardeketting – kan egter nie in hierdie stadium bepaal word nie.
AND
Fourteen agricultural championships will be presented at Bloem Show until 7 May. Bloem Show, which is taking place again after two years due to the hard lockdowns as a result of Covid-19, kicked off on 27 April and promises a jam-packed programme for the whole family. Meanwhile, national Covid-19 regulations requires that events where there are more than 2000 visitors, can only give access on the condition of proof of vaccination OR a negative Covid-19 test that is not older than 72 hours. OFM News previously reported that Bloem Show has taken hands with the Arrie Nel Pharmacy Group, who will offer the rapid Covid-19 tests at a special rate for Bloem Show visitors. Contact Bloem Show's offices for more information.
