On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Trompsburg-boerdery lewer Bloemskou se Merinoram van die Jaar

───   MORGAN PIEK 15:00 Fri, 29 Apr 2022

Trompsburg-boerdery lewer Bloemskou se Merinoram van die Jaar | News Article
PD Jacobs (links) en Willem Grobbelaar (regs) – Morgan Piek

Die Vrystaatse boer van Pdrino Merino in Trompsburg, PD Jacobs, en sy skoonseun Willem Grobbelaar, spog met die beste merinoskape op die 2022 Bloemskou.

Jacobs en Grobbelaar is die trotse eienaars van die Merinoram van die Jaar. Hulle boerdery het Donderdag die wenram, asook die naaswenner opgelewer.

Jacobs het aan OFM-nuus verduidelik dat die wenram al die belangrike eienskappe dra vir teëldoeleindes.

“Wel, hierdie ram wat gewen het, het uitstekende bouvorm, wat baie belangrik is. Ook uitstekende wol met hoë kwaliteit. Die fynheid is 18.3 mikron, wat baie markgerig is.

“Ek dink dit is een van die [mees] ekonomiese ramme want jy kan gebruik vir teëling.

“Daai twee eienskappe is baie belangrik in hierdie dae.”


Grobbelaar het op sy beurt aan OFM-nuus gesê om vir dié prys te wen is iets wat ‘n boer baie moed gee.

“Dit is natuurlik 'n voorreg. Ek dink om in enige bedryf wat jy is, om die boonste prys te haal is 'n baie groot voorreg.

“Dit skep moed, veral in die tye waar ons vandag lewe met so baie dinge wat aanspraak maak op wat ons het en wat ons doen, is dit baie lekker.

“Dié is regtig 'n baie groot voorreg.”


Volgens Jacobs is dit al die tiende keer dat hulle die gesogte prys gewen het, en volgens 'n ander kenner op die skou, is hierdie sy beste ram tot nog toe.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.