On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   11:00 Mon, 09 May 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die CBOT-mieliekontrakprys vir die laaste handelsmaand het Maandag oggend met 1,4% gedaal.

Die VSA plantseisoen is vertraag deur nat en koue weer die afgelope paar weke. Voorspellings vir die komende week toon egter warmer weer.

Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Maandag afwaarts verhandel vir beide wit- en geelmielie-kontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R33/ton (- 0.73%) gedaal om teen R4 500/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R17/ton (- 0.37%) laer verhandel en teen R4 640/ton te sluit.

Die weeklikse SAGIS invoer- en uitvoerverslag het aangedui dat vir die week geëindig 29 April, 'n totaal van 112 386 ton geel mielies uitgevoer is. Die nommer een bestemming was Viëtnam (62 673 ton), gevolg deur Taiwan (45 795 ton). Die totale geel mielies wat tot verlede week uitgevoer is, het 2 991 129 ton beloop. Vir wit mielies is 'n totaal van 9 245 ton uitgevoer. Die nommer een bestemming was Namibië (3 926 ton), gevolg deur Botswana (3 206 ton) en Eswatini (1 541 ton). Die totale witmielies wat tot verlede week uitgevoer is, het 733 843 ton beloop.


Sojaboon:

Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Maandagoggend met 1,4% gedaal.

Daar word gesê dat Brasilië se sojaboon-oes 74% klaar geoes is. Opbrengste is wel laer as gevolg van droogtetoestande in die reproduktiewe stadiums van groei.

Die binnelandse sojaboonkontrakte het Maandag met marginale afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R63/ton (- 0.68%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R9 170/ton.

Plaaslike sojaboonprodusente is tans besig met die oesproses. Weervoorspellers voorspel 'n hoofsaaklik droë week wat voorlê. Produsente gaan tans die 10de bemarkingsweek vir die 2022/23-seisoen binne.


Koring:

Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Maandagoggend met 0,1% gestyg.

In die Noordelike Halfrond verbeter oestoestande vir die VSA en EU, hoewel sommige gebiede steeds droogte ervaar.

Oestoestande in Frankryk is 89% goed-tot-uitstekend, wat hoër is as die vorige seisoene se 79%.

Die binnelandse koringkontrakte het Maandag met skerp opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike koring mark het vir lewering in Mei 2022 met R220/ton (+ 2.90%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R7 805/ton.

Die weeklikse SAGIS in- en uitvoerverslag het aangedui dat vir die week geëindig 29 April 'n totaal van 25 794 ton koring ingevoer is. Die nommer een invoerder was Australië (25 794 ton). Plaaslike koringprodusente is tans besig met die plantproses. Toestande in die Wes-Kaap is droog, met sommige gebiede wat die naweek reën gekry het.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.