On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   20:00 Tue, 10 May 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Dinsdagoggend met 1,0% gedaal.

Mieliepryse word tans ondersteun deur beperkte wêreldwye voorrade. Donderdag se WASDE-verslag sal 'n meer akkurate oorsig gee.

Nog 'n prysondersteunende faktor is die vertraagde Amerikaanse aanplanting. Maandagaand het die USDA-oesvorderingsverslag aangedui dat slegs 22% van die Amerikaanse mielies tot 8 Mei geplant is. Dit is 50% minder as verlede jaar. Van die mielie-area aangeplant, het slegs 5% van die oes opgekom, vergeleke met die vorige jare se 15%.

Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Dinsdag effens afwaarts verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R25/ton (- 0.56%) gedaal om teen R4 470/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R21/ton (- 0.45%) laer verhandel en teen R4 614/ton te sluit.


Sojaboon:

Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Dinsdagoggend met 2,1% gedaal.

Pryse word steeds ondersteun deur kommer oor stywe voorrade vir ou voorraad sojabone. Die plantvenster vir die Amerikaanse sojaboon-oes bly 'n uitkykpunt. Maandagaand het die USDA-gewasvorderingsverslag aangedui dat slegs 12% van die Amerikaanse sojabone tot die 8ste Mei geplant is. Dit is 24% minder as verlede jaar. Van die sojaboonoppervlakte aangeplant, het slegs 3% van die oes opgekom, vergeleke met die vorige jare se 4%.

Die binnelandse sojaboonkontrakte het Dinsdag met skerp afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R155/ton (- 1.69%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R9 019/ton.


Koring:

Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Dinsdagoggend met 1,3% gedaal.

Beperkte globale vraag en aanbod hou pryse op historiese hoogtepunte. Droë toestande in groot uitvoerlande dra by tot die kommer oor die 2022/23-koringoes. Donderdag se WASDE-verslag sal 'n meer akkurate oorsig gee.

Maandagaand het die USDA-oesvorderingsverslag aangedui dat 33% van die Amerikaanse winterkoring tot die 8ste Mei geplant is. Die winterkoringoes word as 39% in 'n baie swak tot swak toestand aangewys. Vir die lentekoring-oes is slegs 27% geplant vergeleke met verlede jaar se 47%. Van die lentekoring-oes wat geplant is, het slegs 9% opgekom, vergeleke met die vorige jare se 15%.

Die binnelandse koringkontrakte het Dinsdag met afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R52/ton (- 0.67%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R7 748/ton.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.