Agriculture
Hier is vandeesweek se lewendehawe pryse─── 12:00 Fri, 13 May 2022

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe.
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen,verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei diéinligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking hetom sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop vanlewendehawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik.
Sien onderstaande PODCAST
Derksen sê speenkalwers, onder 200kg, het teen R40,67 per kg verkoop, terwyl speenkalwers tussen 200kg en 250kg, teen R38,33, en speenkalwers oor 250kg, teen R36,88 per kg verkoop het.
Ander veilingspryse vir beeste:
B-klas beeste | R26,10 per kg | |||||||
C-klas vet koeie | R25,30 per kg | |||||||
Maer koeie | R19,00 -R22,00 per kg | |||||||
Slagbulle | R25,78 per kg | |||||||
Skape | ||||||||
Stoorlammers | R48,11 per kg | |||||||
Slaglammers | R42,23 per kg | |||||||
Stoorskape | R38,16 per kg | |||||||
Vetskape | R35,25 per kg | |||||||
Bokke | ||||||||
Lammers | R60,66 per kg | |||||||
Vir meer inligting besoek vleisprys.co.za.
OFM News/Lee Simmons