On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Wees op die uitkyk vir vroeë roes en poeieragtige meeldou op dié gewasse

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 13 Jul 2021

Wees op die uitkyk vir vroeë roes en poeieragtige meeldou op dié gewasse | News Article
FOTO: agro.basf.co.za

Alle plante moet fotosinteer om te kan groei en, in die geval van gewasse, om voedsel te produseer.

Siektes wat die blaaroppervlak aanval, belemmer fotosintese en is dus ‘n groot probleem. 

Sien onderstaande PODCAST

Francois van Deventer van Syngenta sê vroeë roes én poeieragtige meeldou val die plant se blare aan, wat dan ‘n effek het op fotosintese en eindelik opbrengste negatief beïnvloed.

Hy verduidelik dat tamatie en aartappelprodusente bewus moet wees van vroeë roes en die uitwerking wat dit op hierdie gewasse kan hê. Hierdie siekte word hoofsaaklik deur die swam Alternaria solani veroorsaak. Ten einde die plant te infiltreer het die swam vrywater op die oppervlakte van die plant nodig.

Infeksietekens sluit onder meer klein swart-bruin kolle op die gewas se blare in.

Wat meelagtige meeldou betref, sê Van Deventer wanneer die gewas met hierdie swamsiekte besmet is, kom daar ‘n meelagtige lagie op die blaar se oppervlakte. En later in die seisoen, as die infeksie baie hoog is, dan gaan die gewas se blare dood.

By tamaties en soetrissies kry jy die swam Leveillula taurica. “Wat poeieragtige meeldou ‘n moeilike siekte maak, is die feit dat hulle dit ook droëweer-siekte noem. Die rede daarvoor is [dit] het nie vrywater nodig om te kan ontwikkel op die blare nie, dit het net hoë humiditeit nodig.”

Veral produsente wat gebruik maak van bedekte produksiestelsels word hierdeur geraak.

Ander gewasse, soos pampoene en druiwe, kan ook deur poeieragte meeldou besmet word - maar die swamspesies mag verskil.

Die opbrengsverlies implikasies wat hierdie swamsiektes het wissel. Van Deventer verduidelik dat dit afhang van hoe vroeg die besmetting in die seisoen begin, sowel as die groeistadium van die gewasse.

Van Deventer sê boere kan gebruik maak van ‘n geïntegreerde benadering om hierdie siektes te voorkom soos om hulle kultivar keuses in ag te neem, ‘n goeie spuitprogram in plek te hê en om na die plant se algehele gesondheid te kyk. Hy maan boere om ook sanitasie in ag te neem en dit behels onder meer om ou plantmateriaal te verwyder van nuwe aanplantings af.

Hy raai boere aan om nie op een strategie te steun nie, maar om, soos genoem, van ‘n geïntegreerde stategie gebruik te maak om te voorkom dat gewasse met swamsiektes besmet raak.

Luister na onderstaande PODCAST vir meer oor die eienskappe wat swamdoders moet hê om vroeë roes en poeieragte meeldou effektief te kan beheer:



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.