On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 07 Jun 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Vrydagoggend met 0,1% gedaal.

Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Vrydag marginaal gemeng verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R12/ton (+ 0,27%) geklim om teen R4 440/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R1/ton (- 0,03%) laer te verhandel en teen R4 485/ton te sluit. 

Vir die week geëindig 27 Mei is 'n totaal van 106 870 ton mielies uitgevoer. Daarvan was 6 741 ton witmielies wat hoofsaaklik na Botswana (4 228 ton) en Eswatini (2 035 ton) uitgevoer is. Die kumulatiewe totaal van witmielie-uitvoere vir die 2022/23-bemarkingsjaar beloop 80 582 ton. 

Vir geelmielies is 100 129 ton hoofsaaklik na Korea (52 075 ton) en Japan (44 701 ton) uitgevoer. Die kumulatiewe totaal vir geelmielie-uitvoere beloop 197 902 ton vir die 2022/23 bemarkingsjaar. Witmielies bly effens agter die uitvoertempo wat nodig is om plaaslike uitvoervoorspellings te bereik.


Sojaboon:

Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste verhandeling het Vrydagoggend met 2,3% gestyg.

Die Argentynse sojaboonoes het sedert die vorige week met 4,4% gestyg tot 94,3% voltooi. Die styging in Amerikaanse sojaboonpryse het gevloei van uitvoeroptimis wat Donderdag gekoop is deur 'n groot aankoop van Pakistan. Private uitvoerders het die verkoop van 327 677ton aangemeld.

Die binnelandse sojaboonkontrakte het Vrydagoggend met effense opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2022 met R37/ton (- 0,41%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R9 145/ton.


Koring:

Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Vrydagoggend 1,6% hoër verhandel.

Markdeelnemers wag angstig op die bevestiging dat Rusland Oekraïense hawens sal toelaat om verskeping te hervat.

Die binnelandse koringkontrakte het Vrydag effens opwaarts verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2022 met R80/ton (+ 1,01%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R7 970/ton. Die Desember 2022 koringkontrak het met R96/ton (+ 1,35%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R7 246/ton.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste

OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.