On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Winter is amptelik hier, veeboere gewaarsku

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 06 Jun 2022

Winter is amptelik hier, veeboere gewaarsku | News Article
FOTO: iStock.

Baie koue toestande word veral in Julie verwag.

Sien onderstaande PODCAST

Volgens Johan van den Berg, 'n onafhanklike landbouweerkundige, toon vooruitsigte dat daar veral baie koue nagte voorlê, met minimum temperature van onder vriespunt. Inwoners kan selfs sneeu verwag.

LEES OOK: ‘Bitterly’ cold conditions, hail and disruptive rain to hit SA

“Tradisioneel, met hierdie tipe jare – met ‘n redelike sterk La Niña-verskynsel – kom daar nogal redelik baie sneeu voor. So, ek dink veral ons veeboere of kleinveeboere wat wil skeer, moet maar baie versigtig wees vanjaar,” waarsku Van den Berg.

Hierdie jaar se winter kan baie intens wees met gereelde ryp wat tot in Augustus voor kan kom.

Hy raai ook wintergraanboere aan om eerder nie te vroeg te plant nie omdat die koue kan veroorsaak dat die grane op ‘n vroeë stadium skade ly.

LEES OOK: Meer as 20mm reën oor grootste deel van Vrystaat verwag

Wat reënvooruitsigte betref sê Van den Berg daar is ‘n moontlikheid vir neerslae op 14 en 15 Junie. Dit is weens ‘n redelike sterk frontale stelsel wat inbeweeg en reën in die Wes-Kaap veroorsaak.

Veldbrande

Van den Berg waarsku dat daar reeds veldbrande gerapporteer is, maar voeg ook by dat die reën wat op 20/21 Mei voorgekom het sal help om die lug vogtig te hou – wat ook sal help om brande te vertraag.

Hy waarsku dat daar veral in Julie, Augustus en September ‘n baie groot risiko vir veldbrande is.

Intussen sê Johan Breytenbach van die Vrystaatse Sambreel-brandbeskermingsvereniging, veldbrande het oor die afgelope drie jaar in die Vrystaat aansienlik toegeneem.

Die brandbeskermingsvereniging, het in samewerking met ander belanghebbendes soos die Vrystaatse Departement van Landbou en Working on Fire, in Mei 'n veldbrand bewusmakingsdag hou.

Dit volg nadat veldbrande in die Vrystaat, Noord-Kaap sowel as Noordwes verlede jaar duisende hektaar weiveld verwoes het.


 

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.