On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 09 Jun 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mark het vir die tweede dag in ‘n ry ondersteuning gevind, ondanks goeie toestande vir die huidige mielie-oes soos aangedui in die USDA se toestand verslag. Pryse het 2% sterker verhandel na ‘n rondte tegniese aankope.

Die USDA se toestand verslag is Dinsdag uitgereik waarin aangedui is dat 73% van die land se oes in goed-tot-uitstekende kondisie is. Mielie-invoere na die Europese Unie is tans groter as die vorige jaar. Landbou produk uitvoere vanaf die Oekraïne het met 80% verhoog vanaf April na Mei, met mielie-uitvoere wat die helfte van die getal uitmaak.

Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het Woensdag opgemaak vir sy verliese van Dinsdag. Wit- en geelmieliepryse het goed presteer. Witmielies het tussen 1,4% en 1,6% gestyg en geelmielies het tussen 1,3% en 2% gestyg. Die verskil tussen wit- en geelmielies is tans R72.

Die witmieliekontrak het vir Junie R69/ton sterker verhandel vir die dag om teen R4 4420/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Julie het R72/ton Hoër verhandel teen R4 433/ton.

Die geelmieliekontrak vir Junie 2022 het R89/ton sterker verhandel teen R4 492/ton. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie het teen R4 525/ton verhandel.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het vir die vierde keer in die afgelope vyf sessies sterker verhandel met pryse wat omtrent met 2% gestyg het na ‘n rondte tegniese aankope.

56% van die aangeplante sojaboonoes het kop uitgesteek, die vorige seisoen was dit teen hierdie tyd 59%. Sojabooninvoere deur die Europese Unie is tans effens laer as die vorige seisoen. Europese invoere van sojaboonmeel is ook laer as die vorige seisoen.  

Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het ook goed presteer met pryse wat tussen 0,5% en 1,7% gestyg na aanleiding van ‘n sterk Amerikaanse mark. Die versterkende wisselkoers het wel druk op pryse geplaas.

Die sojaboon Junie ’22-kontrak het R86/ton sterker verhandel teen R9 145/ton. Die sojaboon Julie ’22-kontrak het R105/ton sterker verhandel teen R9 229/ton. Die sojaboon September ’22-kontrak het teen R9 355/ton, R116/ton hoër, verhandel.


Koring:

Die Amerikaanse koringmarkpryse het gemeng gesluit maar het meestal aan die negatiewe kant verhandel. Winter koringpryse het gedaal na ‘n rondte tegniese verkope, lente koring het slegs marginale verliese getoon. Pryse was onder druk geplaas nadat die toestand van die winter koringoes effens verbeter het na 30% toe, 40% van hierdie oes is in swak tot baie swak kondisie.

Die winter koringoes is tans 5% voltooi, slegs 1% laer as die vorige seisoen. Europese koringuitvoere is tans effens hoër as die vorige seisoen.

Plaaslik: Koringpryse het, in teenstelling met mielies en sojabone, laer verhandel met pryse wat tussen 0,1% en 0,9% verlaag het na aanleiding van ‘n swak Amerikaanse mark met die versterkende wisselkoers wat verder druk op pryse geplaas het.

Die koring Junie '22-kontrak het teen R8 185/ton verhandel. Die koring Julie ’22-kontrak het teen R8 063/ton verhandel, R69/ton swakker.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.